genus van Diplodocidae From Wikipedia, the free encyclopedia
Brontosaurus ("donderakkedis", van die Griekse brontē = donder + sauros = akkedis), is ’n genus van souropode-dinosourusse. Dit het sy naam in 1879 gekry van sy ontdekker, Othniel Charles Marsh. Dit is lank beskou as ’n sinoniem vir Apatosaurus, en sy oorspronklike spesie, Brontosaurus excelsus, is in 1903 herklassifiseer as A. excelsus. ’n Uitgebreide studie wat in 2015 gepubliseer is, het egter bevind Brontosaurus was ’n geldige souropode-genus wat verskil het van Apatosaurus.[1][2] Volgens dieselfde studie is nog twee spesies wat voorheen as Apatosaurus beskou is, hernoem tot Brontosaurus parvus en Brontosaurus yahnahpin.[1] Spesies van Brontosaurus wissel in ouderdom van 155 tot 152 miljoen jaar gelede, tydens die Kimmeridgium-tydsnede van die Laat Jura-periode.[3]
Brontosaurus | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Genus: | †Brontosaurus (Marsh, 1879) |
Tipespesie | |
†Brontosaurus excelsus | |
Ander spesies | |
|
Brontosaurus | ||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Kladistiese klassifikasie | ||||||||||
| ||||||||||
Brontosaurus was groot, vierpotige dinosourusse met lang nekke en lang, sweepagtige sterte. Hul voorpote was effens korter as hul agterpote. Die grootste spesie, B. excelsus, het tot 15 ton geweeg en was van kop tot stert sowat 22 meter lank.[4]
Die kopbeen is nooit gevind nie, maar was waarskynlik soortgelyk aan dié van die nabyverwante Apatosaurus louisae. Nes ander souropodes was die nekwerwels diep gesplits en dit het gelei tot ’n breë, diep nek.[5] Die groot nek het ’n uitgebreide stelsel van lugsakke bevat wat dit ligter gemaak het.
Die vorm van die nek was besonders vir Diplodocidae – dit was relatief slank. Die ribbes was ook baie lank in vergelyking met dié van ander lede van Diplodocidae en dit het gelei tot ’n buitengewoon diep bors.[6] Nes ander Diplodocidae-lede se sterte het dié van Brontosaurus ’n sweepagtige struktuur aan die punt gehad.[7]
Die dinosourus het ’n enkele klou aan elke voorpoot gehad, en die eerste drie tone aan elke voet het ook kloue gehad.[8]
Brontosaurus was lid van die familie Diplodocidae, ’n klade van reusagtige souropodes. Die familie sluit van die grootste diere in wat ooit die aarde bewoon het, soos Diplodocus, Supersaurus en Barosaurus. Brontosaurus val ook in die subfamilie Apatosaurinae, saam met die Apatosaurus.[1]
’n Kladogram van die familie Diplodocidae volgens Tschopp, Mateus en Benson (2015):[1]
Diplodocidae |
| |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.