From Wikipedia, the free encyclopedia
Diplodocus of diplodokus (van die Griekse woorde vir "dubbelbalk") is ’n souropode-dinosourus waarvan die eerste fossiele in 1877 deur S.W. Williston ontdek is. Die naam[1][2] verwys na die dubbele bene aan die onderkant van die stert.
Diplodocus | |
---|---|
’n Skelet van D. carnegii (Carnegie-museum van Natuurgeskiedenis). | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Klas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Familie: | |
Genus: | †Diplodocus (Marsh, 1878) |
Tipespesie | |
†Diplodocus longus (Marsh, 1878) | |
Spesies | |
| |
Sinonieme | |
Seismosaurus (Gillette, 1991) |
Die genus het aan die einde van die Jura-periode voorgekom in wat nou Noord-Amerika is. Dit is een van die mees herkenbare dinosourusse vanweë sy kenmerkende dinosourusvorm, lang nek en stert en vier bonkige bene. Dit was jare lank die langste bekende dinosourus. Dit is steeds die langste een waarvan ’n volledige fossiel gevind is.[3] Die raming van die massa is tussen 10 en 16 ton[4][5][6] en die geskatte lengte 33 m.[7] Van dinosourusse wat langer kon gewees het, soos Supersaurus, is net stukke bene al ontdek.[8]
Die skedel was relatief klein in vergelyking met sy lyf. Diplodocus het ook klein tande en ’n klein brein gehad. Dit het ’n besonder lang stert gehad,[9] baie langer as ander dinosourusse s’n. Hy kon dit gebruik het om sy balans te hou. Dit het besonderse dubbele bene aan die onderkant gehad wat kon gedien het as steun vir die rugwerwels of kon gekeer het dat die are toegedruk word as die swaar stert op die grond rus. Dié dubbele bene kom ook in sommige verwante dinosourusse voor.[10]
Diplodocus het net een klou aan elke hand gehad – dit was ongewoon groot en nie vas aan die bene van die hand nie. Die doel daarvan is onbekend.[11]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.