Boshof

From Wikipedia, the free encyclopedia

Boshofmap

Boshof is ’n dorp in die weste van die Vrystaat, in Suid-Afrika aan die R64 provinsiale pad, 120 km wes van die Vrystaatse hoofstad Bloemfontein en 55 km oos van die Noord-Kaapse hoofstad Kimberley.

Kitsfeite Land, Provinsie ...
Boshof
Thumb
Boshof
Boshof
 Boshof se ligging in Vrystaat
Koördinate: 28°33′S 25°14′O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieVrystaat
DistrikLejweleputswa
MunisipaliteitTokologo
Stigting1856[1]
Oppervlak
  Totaal91,7 km2 (35,4 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[2]
  Totaal8 509
  Digtheid93/km2 (240/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
  Wit mense10.1%
  Indiërs/Asiërs0.4%
  Bruin mense10.5%
  Swart mense78.5%
  Ander0.5%
Taal (2011)
  Tswana 57.9%
  Afrikaans 28.7%
  Sotho 4.4%
  Xhosa 3.8%
  Ander 5.1%
Poskode (strate)
8340
Skakelkode053
Sluit

Geskiedenis

Die dorp het oorspronklik bekend gestaan as Van Wyksvlei toe dr. Andrew Murray dit in 1856 op die plaas met dié naam uitgelê het. ’n Trekboer, ene D.S. Fourie het dit in 1839 van 'n Griekwa, ene Dawid Danster, gekoop. Die kerk koop die plaas in 1855 by Fourie en omdat die Vrystaatse president Jacobus Nicolaas Boshoff ingewillig het om as peetvader van die nuwe dorp op te tree, word dit na hom vernoem.

Tweede Vryheidsoorlog

Hewige gevegte het tydens die Tweede Vryheidsoorlog in April 1900 by Boshoff plaasgevind, waartydens die Franse vrywilliger, kolonel Georges de Villebois-Mareuil, gesneuwel het. (Die grootste NG-gemeente, Moreletapark, se een kerksentrum is in ’n straat in die ooste van Pretoria geleë wat na hom vernoem is.)

Volkspele

Volkspele, ’n tradisionele Afrikaanse dansvorm, het sy oorsprong op Boshof. Op 28 Februarie 1914, tydens ’n Sondagskoolpiekniek op die plaas Vuisfontein, is dit die eerste keer uitgevoer. Dit was die verwesenliking van ’n ideaal van dr. Samuel Pellissier, destyds onderhoof van die Hoërskool Boshof (Rooidakskool). Verskeie monumente vir Volkspele bestaan nog op Boshof en omgewing.

Omgewing

Boshof is ’n boerderygemeenskap waarvan die belangrikste skaap, bees- en wildboerdery is, en van die land se beste rooivleis word in die Boshof-omgewing geproduseer. Groot stoettelers het uitgestrekte plase in die omgewing.

Naas bestaande gipsmyne in die omgewing, word diamantmyne wat ’n paar jaar lank nie in bedryf was nie, nou weer in produksie gestel.

Persone in Boshof gebore

Besienswaardighede

  • NG kerkgebou wat in 1874 gebou is, in 1913 vergroot en in 1954 hernu is. By die kerk is ’n gedenknaald ter gedagtenis aan die boere wat in die Tweede Vryheidsoorlog gesneuwel het.
  • Die Chris van Niekerk-museum, waar uitstallings uit Boshof se verlede gesien kan word.
  • Die Bewaringsmuseum, waar items en geskrifte uit die onlangse verlede van Boshof en veral die eens bekende Rooidak-skool bewaar word.
  • Die Boshof-tronk, ’n pragtige klipgebou in 1891 opgerig en oorspronklik ontwerp vir Kroonstad.
  • Die Volkspelemonument, 3 km buite Boshof op die Christiana-pad, regoor die plaas Vuisfontein, waar die eerste Volkspele gehou is.
  • ’n Gedenkplaat ter ere van generaal Comte de Villebois-Mareuil (bevelvoerder van die Franse Legioen) op die plaas Middelkuil, 10 km oos van Boshof op die Bosvarkpad.
  • Boshof se kalkklip-ommuurde begraafplaas waar die grafte van gesneuweldes van die Tweede Vryheidsoorlog gesien kan word, onder meer dié van assistent-hoof-kommandant C.C.J. Badenhorst, die bevelvoerder van die NW-OVS-boeremagte, dié van generaal Comte de Villebois-Mareuil (wat later herbegrawe is), van sersant Patrick Campbell, vervreemde eggenoot van die befaamde aktrise en minnares van George Bernard Shaw.
  • Daar is ook talle gedenktekens vir gesneuwelde Engelse soldate. Die graf van Charles Gerhardus Marais, ouer broer van Eugene Marais, is ook hier.

Sien ook

Bronne

  • Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
  • Rosenthal, Eric (1967). Ensiklopedie van Suidelike Afrika.

Verwysings

Eksterne skakel

Geografiese ligging

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.