die tweede grootste Turkse etniese groep From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Azerbeidjanners (Azerbeidjans: Azərbaycanlılar, آذربایجانلیلار) of Azeris (Azərilər, آذریلر), ook bekend as Azerbeidjanse Turke[42] (Azərbaycan Türkləri آذربایجان تورکلری), vorm naas die Turke die tweede grootste Turkseetniese groep, die grootste inheemse etniese groep in die Kaukasus-streek en naas die Perse die tweede grootste etniese groep in Iran.[43] Hulle vorm die titulêre nasie van Azerbeidjan, waar hulle sowat 91,6% van dié land se bevolking uitmaak, en praat Azerbeidjans, 'n Turkse taal, as moedertaal.
Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Azerbeidjans.
Kitsfeite Totale bevolking:, Belangrike bevolkings in: ...
Wêreldwyd leef tussen 28 en 35 miljoen Azerbeidjanners, waarvan meer as 15 miljoen in Iran en sowat 8,2 miljoen in Azerbeidjan.[44] In Iran leef hulle veral in die noordooste in die streek Azerbeidjan, saam met minderhede soos Koerde, Armeniërs en Perse. Hulle vorm die meerderheid in die vier Irannese provinsies van Wes-Azerbeidjan, Oos-Azerbeidjan, Ardabil en Zanjan. In Rusland leef tussen 603070 en 1,5 miljoen Azerbeidjanners, waarvan meer as 130000 in die Noord-Kaukasiese Republiek van Dagestan. In Turkye leef tussen 530000 en 800000 Azerbeidjanners, veral in die oostelike provinsies van Iğdır en Kars. 284761 Azerbeidjanners leef in die suidooste van Georgië, waar hulle 6,5% van dié land se bevolking uitmaak en die grootste etniese minderheid vorm.
(en) Michael Knüppel, "TURKIC LANGUAGES OF PERSIA: AN OVERVIEW", Encyclopaedia Iranica "Altogether, one-sixth of today's Iranian population is turcophone or bilingual (Persian and Turkic; see Doerfer, 1969, bl. 13).
"Итоги переписи". 2010 census (in Russies). Russian Federation State Statistics Service. 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Desember 2013. Besoek op 24 Januarie 2015.
"Population Census 2009"(PDF) (in Belarussies). National Statistical Committee of the Republic of Belarus. Geargiveer vanaf die oorspronklike(PDF) op 4 April 2012. Besoek op 17 April 2013.
(en) Bani-Shoraka, Helena (2005). "Language Policy and Language Planning: Some Definitions". In Rabo, Annika; Utas, Bo (reds.). The Role of the State in West Asia. Swedish Research Institute in Istanbul. p.144. ISBN91-86884-13-1.