Annapurna
From Wikipedia, the free encyclopedia
Annapurna (Sanskrit, Nepalees, Newari: अन्नपूर्णा, letterlik "die godin, wat kos gee" of "die godin van rykdom"[3]) is 'n berg in die Himalaja wat net suid van die grens tussen Nepal en Tibet (Volksrepubliek China) geleë is. Met 'n hoogte van 8 091 meter is dit die tiende hoogste berg van Asië en in die wêreld ná Berg Everest, K2, Kangchenjunga, Lhotse, Makalu, Cho Oyu, Dhaulagiri, Manaslu en Nanga Parbat.
Kitsfeite
Annapurna | |
---|---|
Ligging | Nepal |
Hoogte | 8 091[1] meter bo seevlak |
Prominensie | 2 984[1][2] |
Reeks | Himalaja |
Koördinate | 28°35′46″N 83°49′13″O |
Eerste bestyging | 3 Junie 1950 |
Eerste bestyger(s) | Maurice Herzog Louis Lachenal |
Maklikste roete | Sneeu/ys-klim |
Sluit
Annapurna is die mins geklimde berg met 'n hoogte van meer as 8 000 m en een van dié gevaarlikste. Teen die einde van 2008 het net 154 bergklimmers die spits bereik. 60 bergklimmers is dood, twee derdes van hulle was slagoffers van sneeustortings.[4]