Kangchenjunga
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Kangchenjunga (Nepalees: कञ्चनजङ्घा, Tibettaans: གངས་ཆེན་མཛོད་ལྔ་, Hindi: कंचनजंघा) is 'n berg in die Himalaja wat op die grens tussen Indië en Nepal geleë is. Met 'n hoogte van 8 586 meter is dit die derde hoogste berg van Asië en die wêreld ná Berg Everest en K2. Sedert die toetreding van die Koninkryk van Sikkim is Kangchenjunga die hoogste berg van die Indiese unie. Dit is die mees oostelike berg met 'n hoogte van meer as 8 000 m.
Kangchenjunga | |
---|---|
Ligging | Sikkim (Indië) en Mechi (Nepal) |
Hoogte | 8 586[1] meter bo seevlak |
Prominensie | 3 922[2] |
Reeks | Kangchenjunga-massief (Himalaja) |
Koördinate | 27°42′11″N 88°08′51″O |
Eerste bestyging | 25 Mei 1955 |
Eerste bestyger(s) | George Band Joe Brown |
Maklikste roete | gletser/sneeu/ys-klim |
Die naam van dié berg is van die Tibettaanse naam afgelei en bestaan uit die vier woorde gangs "sneeu", chen "groot", mdzod "skatkamers " en lnga "vyf", wat as "Die vyf skatkamers van die groot sneeu" vertaal kan word. Die berg word deur die bewoners van die deelstate Sikkim en Darjeeling as heilig vereer.
Kangchenjunga is die enigste van die agt-duisende, waar ná die hoofpiek ook drie verdere pieke 'n hoogte van meer as 8 000 m bereik. Die (vermoedelik) gelyknamige vyf pieke van Kangchenjunga is:
Bergpiek | Hoogte | Prominensie[3] |
---|---|---|
Kangchenjunga se hoofpiek | 8 586 m | 3922 m |
Kangchenjunga se westelike piek (Yalung Kang) | 8 505 m | 135 m |
Kangchenjunga se middelpiek | 8 473 m | 63 m |
Kangchenjunga se suidelike piek | 8 476 m | 116 m |
Kangbachen se piek | 7 902 m |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.