From Wikipedia, the free encyclopedia
Dhaulagiri (Nepalees: धौलागिरी dhaulāgirī) is 'n berg in die Himalaja wat net suid van die grens tussen Nepal en Tibet (Volksrepubliek China) geleë is. Met 'n hoogte van 8 167 meter is dit die sewende hoogste berg van Asië en die wêreld ná Berg Everest, K2, Kangchenjunga, Lhotse, Makalu en Cho Oyu. Dhaulagiri is net 35 km wes van Annapurna geleë. Die naam van die berg is afgelei van die Sanskrit-woorde धवल (dhawala), "skitterende, wit, mooi", en गिरि (giri) "berg".
Dhaulagiri | |
---|---|
Ligging | Nepal |
Hoogte | 8 167[1] meter bo seevlak |
Prominensie | 3 357[1] |
Reeks | Himalaja |
Koördinate | 28°41′54″N 83°29′15″O |
Eerste bestyging | 13 Mei 1960 |
Eerste bestyger(s) | Kurt Diemberger Peter Diener Ernst Forrer Albin Schelbert |
Maklikste roete | Noordoostelike kam |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.