K2
2de hoogste berg op aarde From Wikipedia, the free encyclopedia
2de hoogste berg op aarde From Wikipedia, the free encyclopedia
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.
K2 (Chinees: 乔戈里峰, Qogir; Oerdoe: کے ٹو, Ke Tu) is 'n berg in die Karakoramberge wat op die grens tussen Pakistan en die Volksrepubliek China geleë is. Met 'n hoogte van 8 614 meter is dit die tweede hoogste berg van Asië en die wêreld ná Berg Everest.
K2 | |
---|---|
K2 in somer 2006 | |
Ligging | Pakistan en China |
Hoogte | 8 614[1] meter bo seevlak |
Prominensie | 8 614 |
Reeks | Karakoram |
Koördinate | 35°52′57″N 76°30′48″O |
Eerste bestyging | 31 Julie 1954 |
Eerste bestyger(s) | Achille Compagnoni Lino Lacedelli |
Maklikste roete | Abruzzi-roete |
K2 staan bekend as een van die moeilikste berge ter wêreld om uit te klim. Dit is 'n baie steil berg met vele tegniese gedeeltes en 'n groot kans op vallende rotse en sneeustortings. Einde 2007 was daar wêreldwyd slegs 280 klimmers wat al die piek bereik het, terwyl 2 600 avonturiers al Berg Everest uitgeklim het. Sowat 77 bergklimmers het al hier gesterf. Die afklim is veral berug vanweë die vele klowe om te oorkom. Op 1 Augustus 2008 word elf mense aldaar dodelik verras toe 'n sneeustorting hul toue breek. K2 se afgeleë ligging (dit neem sewe dae se stap vanaf die naaste dorp) bemoeilik enige reddingspogings.[2][3]