From Wikipedia, the free encyclopedia
Abchasië (Abchasies: Аҧсны́, Apsny, [apʰsˈnɨ]; Georgies: აფხაზეთი, Apkhazeti, [ɑpʰxɑzɛtʰi]; Russies: Абха́зия, Abkhа́ziya, [ɐpˈxazʲɪjə]), amptelik die Republiek Abchasië (Abchasies: Аҧсны Аҳәынҭқарра, Aphsny Axwynthkharra; Russies: Респу́блика Абха́зия, Respublika Abkhaziya), is volgens internasionale reg 'n deel van Georgië, maar vorm de facto 'n onafhanklike[9][10][11][12] republiek,[13][14] sonder algemene internasionale erkenning.
| |||||
Volkslied: Аиааира (tr.: Aiaaira) (Abchasies vir: "Oorwinning") | |||||
Hoofstad | Soechoemi | ||||
Grootste stad | Soechoemi | ||||
Amptelike tale | Abchasies en Russiesa | ||||
Regering | Unitêre semi-presidensiële grondwetlike republiek Aslan Bzhania Alexander Ankwab | ||||
Onafhanklikheid Gedeeltelik erkende staat • Georgiese nietigverklaring van alle Sowjetse wette en verdrae • Verklaring van soewereiniteitb • Georgiese onafhanklikheidsverklaring • Ontbinding van die Sowjetunie • Abchasiese onafhanklikheidsverklaring • Huidige grondwet • Grondwetlike referendum • Onafhanklikheidswetc • Eerste internasionale erkenningd |
van Georgië[1][2][3] 20 Junie 1990 25 Augustus 1990 9 April 1991 26 Desember 1991 23 Julie 1992 26 November 1994 3 Oktober 1999 12 Oktober 1999 26 Augustus 2008 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
8 640[4] km2 3 336 myl2 feitlik geen | ||||
Bevolking - 2020-skatting - 2011-sensus - Digtheid |
244 926[5] (–) 240 705[5] 28,3 / km2 73,3 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2010-skatting $500 miljoen[6] | ||||
Geldeenheid | Apsar Russiese roebele ( RUB ) | ||||
Tydsone - Somertyd |
GET (UTC+4) nie toegepas nie (UTC+4) | ||||
Internet-TLD | – | ||||
Skakelkode | +7 840 / 940 en +995 44[7][8] | ||||
a. Die Russiese taal word as staatstaal erken (Artikel 6 van die Grondwet) en word ook wyd in ander instellings gebruik. b. Nietig verklaar deur Georgië onmiddellik daarna. c. Te stig, met terugwerkende effek, de jure onafhanklikheid sedert die oorlog van 1992–1993. d. Deur Rusland. Sedertdien het 'n bykomende vier VN-lidlande Abchasië se onafhanklikheid erken. e. De facto geldeenheid. Verskeie Abchasiese apsar-herdenkingsmunte is uitgereik. Die apsar het 'n vaste wisselkoers, gekoppel aan die Russiese roebel (1 roebel = 0,10 apsar). |
Alhoewel Georgië nie beheer oor Abchasië uitoefen nie, beskou die Georgiese regering, die Verenigde Nasies en die meerderheid van die wêreld se regerings Abchasië as deel van Georgië, wie se grondwet na dié gebied as die Outonome Republiek Abchasië verwys.
Abchasië is in die Suid-Kaukasus langs die Swartseekus geleë. Die hoofstad en grootste stad is Soechoemi. Abchasië beslaan 'n oppervlakte van 8 640 km² en het 'n bevolking van 244 926 in 2020 gehad. Abchasië grens in die noorde aan die Russiese deelgebiede Karatsjai-Tsjerkessië en Krasnodar-krai.
Soms word na Abchasië, Suid-Ossetië, Transnistrië en Artsach as post-Sowjetse "bevrore konfliksones" verwys.[15][16] Almal is lidlande van die Gemeenskap vir Demokrasie en Regte van Nasies.
Abchasiërs vorm met 124 115 inwoners 'n stewige meerderheid van die bevolking (51,0 persent).[29]
Etniese samestelling van Abchasië (2015)[29] | |||
---|---|---|---|
Etniese groep | Aantal | % | |
Abchasiërs | 124 115 | 51,0 | |
Georgiërs | 43 496 | 17,9 | |
Armene | 41 925 | 17,2 | |
Russe | 22 301 | 9,2 | |
Mingreliërs | 3 244 | 1,3 | |
Oekraïners | 1 758 | 0,7 | |
Grieke | 1 350 | 0,6 | |
Turke | 723 | 0,3 | |
Ossetiërs | 596 | 0,2 | |
Tartare | 355 | 0,1 | |
Estlanders | 354 | 0,1 | |
Roma | 276 | 0,1 | |
Belarusse | 265 | 0,1 | |
Ander | 2 448 | 1,0 | |
Totaal | 243 206 | 100 |