Vrydaggebed
From Wikipedia, the free encyclopedia
Vrydaggebed (Arabies: صلاة الجمعة, ṣalāt al-jumu‘ah; letterlik: "gebed op die dag van byeenkoms", d.w.s. Vrydag), ook Juma-Aat of Jum-Ah genoem,[1] is 'n gebed (salaah) wat Moslems elke Vrydag in die moskee hou in plaas van die gewone middaggebed. Moslems bid gewoonlik vyf keer per dag volgens die son se hemelpad, ongeag tydsones.[2] Dit word voorgeskryf vir seuns vanaf puberteit en Moslemmans, en word ook vir Moslemvroue aanbeveel. Die woorde en bewegings van die Vrydaggebed word deur 'n imam voorgedra om dit sinchroon te hou.





Etimologie
Die term al-jumu‘ah is afgelei van die werkwoord ijta'ama, wat na die "byeenkoms van mense" verwys."[3]
Betekenis
Die Vrydaggebed is 'n godsdienstige verpligting wat Vrydae die plek van die daaglikse middaggebed (thoer; Arabies: ṣalāt aẓ-ẓuhr) inneem. Dit is een van die mees verhewe Islamitiese rituele en een van 'n Moslem se verpligte dade.[4]
Naamvariante
Streek/land | Taal | Plaaslike naam |
---|---|---|
Arabiese wêreld | Arabies | صلاة الجمعة (Ṣalāh al-Jumu'ah) |
Iran, Afghanistan | Persies | نماز جمعه (Namaz Jumah) |
Noord-Indië, Oos-Indië, Pakistan | Oerdoe | نماز جمعہ (Namaz e Jumma) |
Bangladesj, Wes-Bengale, Noordoos-Indië | Bengaals | জুম'আ, জুম্মা (Jum'aa, jumma) |
Turkye | Turks | Cuma namazı |
Azerbeidjan | Azerbeidjans | Cümə namazı |
Balkan | Serwo-Kroaties, Bosnies | Džuma-namaz |
Balkan | Albanees | Namazi i Xhumasë |
Pole | Pools | Dżummuah |
Spanje, Latyns-Amerika | Spaans | Yumu'ah |
Somalië, Djiboeti | Somalies | Salaadda Jimce |
Suidoos-Asië | Indonesies, Maleis | Salat jumat, Solat jumaat |
Java | Javaans | Jemuwahan |
Oesbekistan | Oesbekies | Juma namozi, Жума намози |
Suid-Rusland | Russies | Джума-намаз |
Koerdistan | Koerdies | نوێژی ھەینی |
Anatolië | Koerdies | Nimiya Îniyê, نمیا ئینیێ |
Xinjiang, Volksrepubliek China | Oeigoers, Chinees | جۈمە نامىزى, 主麻 |
Sien ook
Verwysings
Verdere leesstof
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.