From Wikipedia, the free encyclopedia
Vittorio Gregotti (* 10 Augustus 1927 in Novara; † 15 Maart 2020 in Milaan) was 'n Italiaanse argitek, stadsbeplanner en argitektuurteoretikus.
Gregotti, wat sy akademiese opleiding by die Politecnico di Milano ontvang het, het in 1974 sy ateljee Gregotti Associati International gevestig. Hy het professorale leerstoele in argitektoniese komposisie aan die Università Iuav di Venezia in Venesië (tot en met 2001 bekend as Istituto Universitario di Architettura di Venezia), en universiteite in Milaan en Palermo beklee.
Gregotti, was as en van die laaste verteenwoordigers van rasionalistiese boukuns in Italië, het eers op die ouderdom van 90 afgetree as argitek.
Vittorio Gregotti is op 15 Maart 2020 in Milaan se San Giuseppe-hospitaal oorlede nadat hy die Koronavirus opgedoen het.[1] Hy word oorleef deur sy vrou Marina Mazza wat in dieselfde hospitaal behandel word.[2]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.