From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Politecnico di Milano (akroniem: PoliMi) is 'n openbare universiteit in die Noord-Italiaanse metropool Milaan wat in 1863 gevestig is. As 'n wetenskaplik-tegnologiese tersiêre instelling fokus PoliMi met sy akademiese opleiding en navorsing op drie makrovelde − ingenieurswetenskappe, argitektuur en industriële onderwerp. In al drie velde is die PoliMi, wat sy huidige naam sedert 1937 dra, een van die voorste tersiêre instellings in Europa. 'n Vrugbare samewerking met die sakewêreld en nywerheidsektor is op die basis van eksperimentele navorsing, tegnologie-ontwikkeling en -oordrag gevestig.
Politegniese Universiteit Milaan | |
---|---|
Politecnico di Milano | |
Hoofgebou op die Milaan-Leonardo-kampus | |
Gestig: | 29 November 1863 |
Tipe: | Openbare universiteit |
Rektor: | Ferruccio Resta |
Personeel: | 139 |
Studente: | 45 362 (2017) |
Voorgraadse studente: | 27 663 |
Nagraadse studente: | 14 331 |
Doktorale studente: | 900 |
Ligging: | Milaan, Metropolitane Stad Milaan, Italië |
Kleure: | Wit en blougrys |
Webtuiste: | http://www.polimi.it/en |
PoliMi beskik oor twee kampusse in Milaan, geleë in Bovisa en Città Studi, met 'n netwerk van verdere kampusse en skole in die administratiewe streke Lombardye en Emilia-Romagna − in Como, Cremona, Lecco, Mantua (Mantova) en Piacenza. 'n Oorsese kampus is in samewerking met die Universiteit Tongji in Sjanghai in die Volksrepubliek China gevestig.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.