From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Stade de la Beaujoire - Louis Fonteneau (Frans: [stad də la boˈʒwaʁ]), meer bekend as La Beaujoire, is 'n stadion in Nantes, Frankryk. Dit is die tuiste van die sokkerklub FC Nantes. In September 2007 het dit drie groepwedstryde van die Rugbywêreldbeker 2007 aangebied. Dit is ook tydens die Rugbywêreldbeker 2023 vir vier groepwedstryde gebruik.
Stade de la Beaujoire | ||
Die Stade de la Beaujoire tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 | ||
Bynaam | La Beaujoire | |
---|---|---|
Volle naam | Stade de la Beaujoire - Louis Fonteneau | |
Ligging | Route de Saint Joseph 44300, Nantes, Frankryk | |
Koördinate | 47°15′20″N 1°31′31″W | |
Eienaar | Nantes Métropole | |
Kapasiteit | 37 473 | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Geopen | 8 Mei 1984 | |
Huurders | ||
FC Nantes |
Die stadion is op 8 Mei 1984 ingehuldig met 'n vriendskaplike wedstryd tussen FC Nantes en Roemenië. Dit is genoem na Louis Fonteneau wat president van FC Nantes was tussen 1969 en 1986. Die stadion is in 1998 vir die Sokker-Wêreldbeker opgeknap. Terwyl die oorspronklike kapasiteit 52 923 was, is alle staanplekke in 1998 in sitplekke omskep wat die kapasiteit na 38 285 verminder het. Voorheen het die klub by die Stade Marcel Saupin gespeel.
Die stadium word ook vir internasionale rugbywedstryde gebruik en is die stadion waar Frankryk die All Blacks op 15 November 1986 met 16–3 geklop het.
La Beaujoire is ook vir verskeie wedstryde van die Europese Sokkerkampioenskap 1984 gebruik, insluitend 'n 5–0 oorwinning deur Frankryk oor België. Ses wedstryde is ook by die stadion gespeel tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998, insluitend die kwarteindstryd tussen Brasilië en Denemarke.
Die Franse nasionale sokkerspan het op sewe geleenthede daar gespeel, mees onlangs 'n vriendskaplike wedstryd teen Kameroen (3–2) in Mei 2016.
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
13 Junie 1998 | 14:30 | Spanje | 2–3 | Nigerië | Groep D | 35 500 |
16 Junie 1998 | 21:00 | Brasilië | 3–0 | Marokko | Groep A | 35 500 |
20 Junie 1998 | 14:30 | Japan | 0–1 | Kroasië | Groep H | 35 500 |
23 Junie 1998 | 16:00 | Chili | 1–1 | Kameroen | Groep B | 35 500 |
25 Junie 1998 | 21:00 | Verenigde State | 0–1 | Joego-Slawië | Groep F | 35 500 |
3 Julie 1998 | 21:00 | Brasilië | 3–2 | Denemarke | Kwarteindrondte | 35 500 |
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
16 September 2023 | 21:00 | Ierland | 59–16 | Tonga | Groep B | 31 673 |
30 September 2023 | 15:00 | Argentinië | 59–5 | Chili | Groep D | 33 963 |
7 Oktober 2023 | 15:00 | Wallis | 43–19 | Georgië | Groep C | 33 580 |
8 Oktober 2023 | 13:00 | Japan | 27–29 | Argentinië | Groep D | 31 794 |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Stade de la Beaujoire. |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.