Seram
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Seram (voorheen Ceram, Seran of Serang; Indonesies: Pulau Seram) is, na Halmahera, die tweede grootste eiland van die eilandgroep Molukke, wat op sy beurt tot die Maleise argipel behoort. Seram lê in die noordooste van die eilandnasie Indonesië net suid van die ewenaar. Dit grens aan die Seramsee in die noorde en die Bandasee in die suide. Van die groot eilande in die omgewing sluit in Halmahera in die noordweste, Timor in die suidweste en Nieu-Guinee in die ooste.
Seram Inheemse naam: Pulau Seram | |
---|---|
Kaart van Seram | |
Geografie | |
Ligging | Suidoos-Asië |
Koördinate | 3°8′S 129°30′O |
Argipel | Molukke |
Oppervlakte | 17 100 vk km |
Hoogste punt | Binaiya 3 027 m |
Administrasie | |
Indonesië | |
Provinsie | Maluku |
Hoofstad | Ambon |
Grootste stad | Ambon (368 987) |
Demografie | |
Bevolking | 434 113 |
Bevolkingsgroepe | Manusela, Nuaulu |
Seram beslaan 'n oppervlakte van 17 100 km² en is die grootste eiland van Indonesië buite die vyf hoofeilande (Nieu-Guinee, Borneo, Soematra, Sulawesi en Java) en Halmahera. Dit het 'n bevolking van 434 113 in 2010 gehad. Sowat die helfte van die bevolking in Moslems en die ander helfte is Christene.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.