Petroesjka (Russies: Петру́шка, IFA: /pʲɪtˈruʂkə/, ) is ’n Russiese poppekaskarakter wat al sedert die 17de eeu bekend is. Petroesjkas is as handskoenpoppe of marionette gebruik. Hy is tradisioneel ’n soort grapjas met rooi klere en ’n punthoed, en dikwels ’n lang neus.
Etimologie
Hoewel die Russiese homoniem van petroesjka pietersielie beteken, is die karakter se naam ’n verkleiningsvorm van die naam Pjotr (Pieter).
Geskiedenis
Keiserin Anna van Rusland se hofnar Pietro-Mira Pedrillo van Italië het as prototipe vir Petroesjka gedien. Daar was ’n paar basiese storielyne: die mediese behandeling van Petroesjka, hy as soldaat, ’n toneel met sy bruid en die koop van ’n perd.
Hy was aanvanklik ’n karakter van tipiese klugspele wat op volwasse gehore gemik was. As poppekaskarakter wat hoofsaaklik kinders vermaak het, het hy minder vulgêr en aggressief geraak. In die Sowjetunie is hy dikwels in propaganda gebruik, waar hy arm boere verdedig en die rykes aangeval het.[1]
Die Russiese Kinderwelsynvereniging hou ’n jaarlikse Petroesjka-bal, met as tema die karakter wat verlief raak op ’n grasieuse ballerina.[2]
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.