Noord-Germaanse taal From Wikipedia, the free encyclopedia
Oudnoors of Ou Noors is die Noord-Germaanse taal wat gepraat is deur inwoners van Skandinawië en sy oorsese nedersettings tydens die Wikingtydperk, tot ongeveer 1300 n.C. Die moderne taal wat die nouste met Oudnoors ooreenkom, is Yslands, waarvan die geskrewe vorm oor die eeue heen min verander het.[1]
Oudnoors • Ou Noors dǫnsk tunga, dansk tunga, norrœnt mál | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Skandinawië, Britse eilande, Normandië, Vinland en die Wolga-gebied | |
Gebied: | Noord-Europa | |
Totale sprekers: | uitgesterf | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Germaans Noord-Germaans Oudnoors • Ou Noors | |
Skrifstelsel: | Rune-alfabet, later Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | geen | |
Gereguleer deur: | ||
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | non | |
ISO 639-3: | non | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Oudnoors het in die 8ste eeu uit die ouer Proto-Noors ontwikkel tot die moderne Noord-Germaanse tale Sweeds, Deens, Noors, Yslands en Faroëes asook die nou uitgestorwe Norn wat in Shetland, Orkney en die noordelike dele van Skotland gepraat is. Die Wikings se teenwoordigheid het ook gesorg vir talle Oudnoorse plekname in onder meer Skotland,[2] Ierland, Engeland en Normandië. Verder is woorde uit Oudnoors in ander tale opgeneem soos Engels en dialekte van Skots, veral in plekke soos die Shetland- en Orkneyeilande.[3][4]
Die meeste sprekers van Oudnoors het die Oudoosnoorse dialek gepraat in wat vandag Denemarke en Swede is. In Yslandse tekste wat uit die Middeleeue dateer, het skrywers beide Oudyslands en Oudnoorweegse dialekte gebruik. Hierdie dialekte is afkomstig van die Oudwesnoorse dialek.
Geen duidelik geografiese grens kan tussen die twee dialekte getrek word nie. Oudoosnoorse eienskappe is in Oos-Noorweë aangetref en Oudwesnoorse eienskappe in Wes-Swede.
Oudgutnies word soms by Oudoosnoors ingesluit omdat daar min daaroor bekend is. Dit word soms as 'n derde dialek beskou omdat dit beide Oudwes- en Oudoosnoorse eienskappe het en ook sy eie eienskappe ontwikkel het.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.