Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Napier is ’n dorpie in Kaap Agulhas Munisipaliteit, binne die Overberg Distriksmunisipaliteit, Wes-Kaap, Suid-Afrika. Dit is sowat 16 km wes van Bredasdorp en 58 km suidoos van Caledon geleë en is ongeveer 111 meter bo seevlak. Dit het ongeveer 4 200 inwoners. Die dorp wat langs die Soetmuisberg geleë is word omring deur golwende koring- en garslande. Die R316-streeksroete gaan deur die dorp.
Napier | |
---|---|
Die NG Kerk in die hoofstraat van Napier | |
Koördinate: 34°28′S 19°54′O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Overberg |
Munisipaliteit | Kaap Agulhas |
Stigting | 1838[1] |
Oppervlak | |
• Totaal | 23,04 km2 (8,90 vk. myl) |
Bevolking (2011)[2] | |
• Totaal | 4 214 |
• Digtheid | 183/km2 (470/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 21.8* |
• Indiërs/Asiërs | 0.5% |
• Bruin mense | 66.6% |
• Swart mense | 10.6% |
• Ander | 0.6% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 80.4% |
• Engels | 11.0% |
• Xhosa | 5.9% |
• Ander | 2.7% |
Poskode (strate) | 7270 |
Skakelkode | 028 |
In 1833 besluit die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Swellendam om ’n nuwe kerk op te rig om in die behoeftes van die gemeentelede aan die suide te voorsien.
Oor die ligging van die gemeenskapskerk was daar ’n geskil tussen twee bure, Michiel van Breda en Pieter Voltelyn van der Byl, ontlok. Die een party mense het hul geskaar by Van Breda, dat die kerk op die plaas Langefontein opgerig moet word, terwyl die ander hul tot Van der Byl se voorgestelde plaas, Klipdrift, gewend het. Geen vergelyk kon bereik word nie; dit lei toe daartoe dat twee kerke opgerig is in twee verskillende dorpe, Napier en Bredasdorp, slegs 16 km uitmekaar. Napier is amptelik in 1838 gestig.
Langefontein is vir £850 gekoop en die eerste erwe is op 16 Mei 1838 verkoop. Die plaas Klipdrift is vir £1 000 gekoop en die eerste erwe is op 12 April 1838 verkoop. Napier is vernoem na die destydse goewerneur van die Kaapkolonie (1837–1844), Sir George Thomas Napier.
Aan die begin van die 20ste eeu het gouddelwers op die plaas Hansiesrivier geprospekteer en is die Napier Gold Mining Company gevestig. Hoewel aandele uitgereik is, het dit slegs 'n kortstondige bestaan gehad.
Die bevolking het sedert 1875 se 448 inwoners geleidelik gegroei: 539 in 1891, 761 in 1904, tot 2 554 inwoners in 2006. Vroeërjare was die dorp se ambagsmanne hoofsaaklik grofsmede gewees. Die Wes-Kaapse onderwysdepartement het egter die Hoërskool Napier amptelik gesluit op 31 Desember 2010.[3]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.