Kaap Agulhas Munisipaliteit is ’n munisipaliteit wat in die Wes-Kaap, Suid-Afrika, geleë is. In 2011 staan die bevolking op 33 038. Die munisipale kode is WC033.
| |||
Provinsie | Wes-Kaap | ||
Distriksmunisipaliteit | Overberg | ||
Tipe | Plaaslike Munisipaliteit | ||
Munisipale kode | WC033 | ||
Burgemeester | Richard Mitchell (ANC) | ||
Hoofstad | Bredasdorp | ||
Grootste tale | Afrikaans, Xhosa, Engels | ||
Area | 3 467 km² | ||
Bevolking | 33 038 (2011); 28 440 (2007) |
Munisipale raad
Die burgemeester van die munisipaliteit is Richard Mitchell van die African National Congress (ANC). In 2011 se plaaslike verkiesing het die ANC en DA elk vier setels ingepalm. 'n Onafhanklike kandidaat, Dirk Jantjies, het voor die verkiesing aangedui dat hy die ANC sal steun sou hy tot die Raad verkies word. Daardeur het Mitchell sy amp as burgemeester behou en is Kaap Agulhas Munisipaliteit steeds onder ANC-bewind. [1]
Mitchell het vroeër ná die Maart 2006 plaaslike verkiesing ook hierdie burgemeestersamp beklee, deur 5 uit 10 setels binne die raad te verwerf. Willem Petrus Schonken, van die Demokratiese Alliansie, was die voormalige uitvoerende burgemeester wie in Desember 2000 verkies is toe die DA 6 uit die 10 setels gewen het. Die DA het twee oorgangsperiodes in Kaap Agulhas deurstaan, ondanks die groot ommeswaai in 2002 die meeste ander Wes-Kaapse munisipaliteite. Voorheen is die Kaap Agulhas Munisipaliteit (toe bekend as die Bredasdorp Munisipaliteit) deur die ANC, ná afloop van die November 2005 plaaslike verkiesings, bestuur.
Die munisipaliteit is in vyf wyke verdeel, met altesaam nege raadslede.
Geografie
Die munisipaliteit beslaan ’n gebied van 3 467 km².
Aangrensende Munisipaliteite
- Swellendam Munisipaliteit, Wes-Kaap (noord)
- Overstrand Munisipaliteit, Wes-Kaap (suid-wes)
- Theewaterskloof Munisipaliteit, Wes-Kaap (noord-wes)
Die munisipaliteit word deur beide die Atlantiese en Indiese Oseaan aan die suide begrens. Dit vorm deel van die Overberg-distriksmunisipaliteit (kortweg ODM), Wes-Kaap.
Demografie
Volgens die 2011-sensus word die munisipaliteit deur 33 038 mense bewoon in 10 162 huishoudings. Die bevolkingsdigtheid is 9,53 mense/km². Die digtheid van die huishoudings beslaan 2,93 huise/km².
Die rasse-samestelling in die munisipaliteit is:
- Bruinmense 65.57%,
- Blankes 21.64%,
- Swartmense 11.53% en
- Indiërs, Asiate en ander 1.27%
15,5% van alle huishoudings bestaan uit meer as een individu. Die gemiddelde huishouding bestaan uit 3,53 mense.
In die munisipaliteit word die bevolking as volg verdeel: 27.7% van die bevolking is jonger as 15 jaar, 15.3% is vanaf 15 tot 24 jaar oud, 30.0% vanaf 25 tot 44, 18.6% vanaf 45 tot 64 en 8.3% maak diegene uit wat 65 jaar of ouer is. Die mediaanouderdom is 30 jaar. Vir elke 100 vroue is daar 93.7 mans; vir elke 100 vroue van 18 jaar of ouer is daar 90.6 mans.
In die munisipaliteit praat 84.4% van alle inwoners Afrikaans as huistaal, 5.99% praat Xhosa, 5.61% praat Engels en 1.26% praat Suid-Sotho of Tswana. 'n Weglaatbaar klein persentasie persone (<0.3%) praat een van die ander inheemse tale, en 0.2% van die bevolking praat ’n nie-amptelike taal tuis.
95,4% van die inwoners is Christene, 2,9% beoefen geen geloof nie, 0,2% is Moslems, 0,0% is Jode, en 0,0% is Hindoes. 1,5% beoefen ander of onbepaalde gelowe.
6,2% van die inwoners van 20 jaar of ouer het geen onderwys ontvang nie, 2,0% het ’n bietjie laerskoolonderrig, 11,0% het slegs laerskool klaargemaak, 31,7% het ’n bietjie hoërskoolonderrig, 19,5% het slegs hoërskool klaargemaak en 11,6% het tersiêre onderwys voortgesit. Oor die algemeen het 31,1% hul hoërskoolloopbaan voltooi.
64,8% van die wooneenhede beskik oor ’n telefoon en/of sellulêre telefoon in die huis self, 33,0% het toegang tot ’n nabygeleë telefoon en 2,1% het geen toegang tot ’n telefoon nie. 86,9% van alle huishoudings het ’n spoel- of chemiese toilet. 83,7% laat hul vullis deur die munisipaliteit ten minste een keer ’n week verwyder word; 0,4% het geen vullisverwydering nie. 77,4% het lopende kraanwater binne hul huise, 92,3% het lopende kraanwater op hul erf, en 99,4% het toegang tot lopende kraanwater. 81,8% van die huishoudings gebruik elektrisiteit vir kookdoeleindes, 77,9% vir verhitting, en 91,2% vir beligting. 85,2% van die huishoudings beskik oor ’n radio, 78,5% het ’n televisie, 14,2% besit ’n rekenaar, 80,2% het ’n yskas, en 38,3% ’n sellulêre telefoon.
8,5% van die bevolking tussen die ouderdom van 15 en 65 is werkloos. Van die werklose persone is 16,4% Afrikane, 77,6% is Bruinmense, 0,0% is Indiërs/Asiate en 6,0% is Blankes. 22,6% van Afrikane is werkloos, 9,7% van Bruinmense, 0,0% van Indiërs/Asiate en 2,0% van Blankes.
Die mediaan jaarlikse inkomste van werkende volwassenes tussen die ouderdom van 15 tot 65 is R 13 653. Mans het ’n mediaaninkomste van R 16 222 teenoor R 9 398 wat deur vroue verdien word. Die mediaaninkomste per ras is R 8 696 vir Afrikane, R 10 385 vir Bruinmense, R 9 261 vir Indiërs/Asiate en R 50 870 vir Blankes. Die jaarlikse inkomsteverspreiding in Kaap Agulhas Munisipaliteit vertoon soos volg:
- Geen inkomste 2,4%
- R 12 – R 4 800 11,1%
- R 4 812 – R 9 600 25,5%
- R 9 612 – R 19 200 26,1%
- R 19 212 – R 38 400 15,0%
- R 38 412 – R 76 800 10,6%
- R 76 812 – R 153 600 6,1%
- R 153 612 – R 307 200 1,8%
- R 307 212 – R 614 400 0,8%
- R 614 412 of meer 0,7%
Statistiek Suid-Afrika 2001-Sensus Geargiveer 11 April 2005 op Wayback Machine
Hoogste onderwys ontvang (2011)
Manlik[2]
Geleerdheid | Swart | Bruin | Indiër of Asiaat | Wit | Ander |
---|---|---|---|---|---|
Graad 0 | 45 | 441 | 1 | 55 | 2 |
Graad 1 / Sub A | 43 | 318 | 2 | 37 | 3 |
Graad 2 / Sub B | 65 | 281 | 1 | 33 | 3 |
Graad 3 / St. 1/ABET 1Kha Ri Gude;SANLI | 59 | 402 | 2 | 30 | 4 |
Graad 4 / St. 2 | 91 | 511 | 2 | 49 | 5 |
Graad 5 / St. 3/ABET 2 | 82 | 557 | 1 | 43 | 2 |
Graad 6 / St. 4 | 127 | 672 | 2 | 48 | 3 |
Graad 7 / St. 5/ ABET 3 | 143 | 1 081 | 2 | 63 | 7 |
Graad 8 / St. 6 / Vorm 1 | 204 | 1 108 | 6 | 158 | 5 |
Graad 9 / St. 7 / Vorm 2/ ABET 4 | 210 | 782 | 4 | 85 | 9 |
Graad 10 / St. 8 / Vorm 3 | 168 | 915 | 2 | 323 | 9 |
Graad 11 / St. 9 / Vorm 4 | 182 | 385 | 2 | 90 | 42 |
Graad 12 / St. 10 / Vorm 5 | 237 | 1 095 | 17 | 1 021 | 52 |
NTC I / N1/ NIC/ V Vlak 2 | 2 | 4 | 0 | 17 | 0 |
NTC II / N2/ NIC/ V Vlak 3 | 2 | 5 | 0 | 28 | 2 |
NTC III /N3/ NIC/ V Vlak 4 | 4 | 5 | 0 | 53 | 0 |
N4 / NTC 4 | 1 | 6 | 0 | 35 | 0 |
N5 /NTC 5 | 2 | 4 | 0 | 18 | 2 |
N6 / NTC 6 | 5 | 4 | 0 | 50 | 0 |
Sertifikaat met minder as Graad 12 / St. 10 | 1 | 7 | 0 | 2 | 0 |
Diploma met minder as Graad 12 / St. 10 | 2 | 7 | 0 | 11 | 0 |
Sertifikaat met Graad 12 / St. 10 | 6 | 51 | 0 | 66 | 4 |
Diploma met Graad 12 / St. 10 | 19 | 70 | 0 | 171 | 2 |
Hoër Diploma | 17 | 48 | 0 | 258 | 0 |
Post-Hoër Diploma (Meesters- of Doktorsdiploma) | 4 | 9 | 0 | 44 | 0 |
Baccalaureusgraad | 9 | 22 | 0 | 189 | 3 |
Baccalaureusgraad en nagraadse diploma | 3 | 9 | 0 | 59 | 5 |
Honneursgraad | 1 | 13 | 1 | 70 | 0 |
Meesters- of Doktorsgraad | 4 | 6 | 0 | 92 | 3 |
Ander | 43 | 12 | 0 | 21 | 8 |
Geen onderrig ontvang | 130 | 439 | 1 | 16 | 17 |
Ongespesifiseerd | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 |
Nie van toepassing | 266 | 1 111 | 5 | 182 | 12 |
Vroulik[2]
Geleerdheid | Swart | Bruin | Indiër of Asiaat | Wit | Ander |
---|---|---|---|---|---|
Graad 0 | 34 | 416 | 2 | 53 | 0 |
Graad 1 / Sub A | 27 | 337 | 0 | 28 | 0 |
Graad 2 / Sub B | 36 | 314 | 1 | 35 | 0 |
Graad 3 / St. 1/ABET 1Kha Ri Gude;SANLI | 31 | 379 | 0 | 35 | 2 |
Graad 4 / St. 2 | 43 | 524 | 4 | 36 | 3 |
Graad 5 / St. 3/ABET 2 | 71 | 589 | 2 | 31 | 5 |
Graad 6 / St. 4 | 73 | 688 | 1 | 46 | 0 |
Graad 7 / St. 5/ ABET 3 | 112 | 1 164 | 7 | 57 | 3 |
Graad 8 / St. 6 / Vorm 1 | 135 | 1 230 | 4 | 140 | 11 |
Graad 9 / St. 7 / Vorm 2/ ABET 4 | 147 | 950 | 2 | 67 | 2 |
Graad 10 / St. 8 / Vorm 3 | 147 | 1 086 | 5 432 | 8 | |
Graad 11 / St. 9 / Vorm 4 | 150 | 480 | 5 | 107 | 22 |
Graad 12 / St. 10 / Vorm 5 | 230 | 1 281 | 11 | 1 268 | 16 |
NTC I / N1/ NIC/ V Vlak 2 | 3 | 4 | 0 | 10 | 0 |
NTC II / N2/ NIC/ V Vlak 3 | 0 | 3 | 0 | 5 | 0 |
NTC III /N3/ NIC/ V Vlak 4 | 0 | 1 | 0 | 6 | 0 |
N4 / NTC 4 | 2 | 1 | 0 | 5 | 0 |
N5 /NTC 5 | 0 | 1 | 0 | 6 | 0 |
N6 / NTC 6 | 1 | 7 | 0 | 15 | 0 |
Sertifikaat met minder as Graad 12 / St. 10 | 0 | 6 | 0 | 10 | 0 |
Diploma met minder as Graade 12 / St. 10 | 1 | 16 | 0 | 23 | 2 |
Sertifikaat met Graad 12 / St. 10 | 8 | 54 | 0 | 92 | 0 |
Diploma met Graad 12 / St. 10 | 14 | 100 | 1 | 209 | 2 |
Hoër Diploma | 19 | 81 | 1 | 387 | 5 |
Post-Hoër Diploma (Meesters- of Doktorsdiploma) | 6 | 11 | 0 | 34 | 3 |
Baccalaureusgraad | 10 | 21 | 1 | 154 | 2 |
Baccalaureusgraad met nagraadse diploma | 5 | 12 | 0 | 61 | 0 |
Honneursgraad | 2 | 5 | 0 | 74 | 3 |
Meesters- of Doktorsgraad | 1 | 6 | 0 | 26 | 0 |
Ander | 24 | 11 | 0 | 33 | 2 |
Geen onderrig ontvang | 51 | 447 | 2 | 14 | 8 |
Ongespesifiseerd | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 |
Nie van toepassing | 244 | 1 061 | 4 | 229 | 12 |
Huishoudinggrootte (2011)
Die aantal huishoudings ter sprake staan op 10 162[3]
Aantal persone per huishouding | Swart | Bruin | Indiër of Asiaat | Wit | Ander | Ongespesifiseerd |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | 531 | 561 | 5 | 740 | 31 | 0 |
2 | 414 | 1 168 | 5 | 1 468 | 33 | 0 |
3 | 248 | 982 | 8 | 447 | 18 | 0 |
4 | 161 | 1 150 | 2 | 305 | 11 | 0 |
5 | 82 | 693 | 2 | 110 | 2 | 0 |
6 | 35 | 413 | 1 | 29 | 3 | 0 |
7 | 24 | 205 | 1 | 5 | 0 | 0 |
8 | 13 | 122 | 1 | 1 | 0 | 0 |
9 | 6 | 56 | 0 | 1 | 1 | 0 |
10+ | 7 | 57 | 1 | 5 | 0 | 0 |
Huwelikstatus (2011)
Manlik[4]
Huwelikstatus | Swart | Bruin | Indiër of Asiaat | Wit | Ander |
---|---|---|---|---|---|
Getroud | 650 | 2 965 | 19 | 2 087 | 70 |
Bly saam soos getroudes | 225 | 1 030 | 1 | 153 | 16 |
Ongetroud | 1 243 | 6 045 | 29 | 1 000 | 112 |
Weduwee/ Wewenaar | 23 | 196 | 2 | 72 | 2 |
Van tafel en bed geskei | 8 | 37 | 1 | 12 | - |
Geskei | 29 | 105 | 1 | 94 | 2 |
Vroulik [4]
Huwelikstatus | Swart | Bruin | Indiër of Asiaat | Wit | Ander |
---|---|---|---|---|---|
Getroud | 520 | 3 056 | 20 | 2 079 | 49 |
Bly saam soos getroudes | 176 | 1 080 | 3 | 151 | 6 |
Ongetroud | 849 | 6 247 | 31 | 908 | 44 |
Weduwee/ Wewenaar | 49 | 658 | 2 | 409 | 5 |
Van tafel en bed geskei | 10 | 80 | 1 | 6 | - |
Geskei | 26 | 164 | - | 177 | 3 |
Dorpe
Nedersettings in die munisipaliteit:
- Argonauta Park
- Arniston
- Blomfontein
- Bredasdorp
- Caledon
- Elim
- Hotagterklip
- L'Agulhas
- Langezandt
- Napier
- Struisbaai
- Struisbaai-Noord
- Suiderstrand
- Tamatiekraal
- Zwelitsha
Verwysings
Eksterne Skakels
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.