Hotagterklip
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Hotagterklip is 'n vissersgehug in die Overberg. Dit lê aan die R319 tussen Bredasdorp en L'Agulhas en val binne die plaaslike munisipaliteit van Kaap Agulhas. Die oorspronklike vissershuisies is van kutuurhistoriese en argitektoniese belang. Dit is gebou van klip en wit gekalk. Meesal het hulle bestaan uit twee kamers, ‘n groot opvallende skoorsteen, ‘n bo- en ‘n onderdeur en ‘n rietdak. Weens die Groepsgebiedewet het die oorspronklike bewoners die huisies verlaat. Sedertdien is ‘n aantal herstel en word as vakansiehuise gebruik. Die moderne hoofpad na Struisbaai sny dwarsdeur die dorpie.
Hot- en haaragter is trekosposisies: hotagter is links agter en haaragter is regs agter.[1] Tydens die Groot Trek sou daar probeer word om 'n klip wat in die pad was links verby te steek.[2]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.