Kaap Agulhas
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Kaap Agulhas is die geografiese suidelike punt van Afrika. Dit is geleë in 'n plattelandse gebied 170 km oos en effens suid van Kaapstad by 34°50′0.35″S 19°59′59.95″O
Dit is 'n onopmerklike klipstrand. Was dit nie vir die landmetermerk wat die plek aangedui het nie, sou 'n mens seker nie kon raai dat hierdie spesifieke punt die uiterste suidepunt is nie, omdat die kus 'n baie geleidelike kurwe hier het.
Die see rondom Kaap Agulhas is berug vir winterstorms en reusagtige fratsgolwe, wat tot 30 m hoog kan raak en selfs groot skepe kan laat sink.
Kaap Agulhas is tegnies waar die Indiese- en Atlantiese oseane ontmoet. Die warm Agulhasstroom vloei al langs die ooskus van Afrika af en draai terug na die Indiese Oseaan hier. Soos dit draai, knyp dit groot oseaankolke (bekend as Agulhasringe) af wat na die Suidelike Atlantiese Oseaan toe dryf en enorme hoeveelhede hitte en sout na die naburige oseaan dra. Hierdie effek is een van die sleutelelemente van die wêreldwye vervoerbandsirkulasie van hitte en sout.
Die water naby die kus is baie vlak, en bekend as van die beste visvanggronde in Suid-Afrika. Dit word die Agulhasbank genoem, en is minder as 100 m diep. Slegs ná 250 km seewaarts sak dit skielik diep af.
Die naam, Portugees vir "naalde", verwys na die rotse en riwwe wat baie skepe gestrand het. Die Kaap Agulhasvuurtoring is in 1849 hier gebou.
Provinsie Wes-Kaap | |
---|---|
Hoofstad: | |
Streke: |
Kaapse Skiereiland | Kaapse Wynlande | Sentraal Karoo | Overberg | Tuinroete | Weskus |
Grootste stede en dorpe: |
Kaapstad | George | Mosselbaai | Knysna | Oudtshoorn | Paarl | Robertson | Stellenbosch | Swellendam | Vredenburg | Worcester |
Munisipaliteite: |
Beaufort-Wes | Bergrivier | Bitou | Breedevallei | Kaap Agulhas | Cederberg | Drakenstein | George | Hessequa | Kaapstad | Kannaland | Knysna | Laingsburg | Langeberg | Matzikama | Mosselbaai | Oudtshoorn | Overberg | Overstrand | Prins Albert | Saldanhabaai | Sentraal Karoo | Stellenbosch | Swartland | Swellendam | Theewaterskloof | Tuinroete | Weskus | Witzenberg |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.