Domodedowo-lughawe
internasionale lughawe in Moskou, Rusland From Wikipedia, the free encyclopedia
internasionale lughawe in Moskou, Rusland From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Moskouse Domodedowo-lughawe (Russies: Московский аэропорт Домоде́дово) is ’n internasionale lughawe op die dorp Domodedowo in die Moskou-oblast, Rusland. Dit is sowat 42 km suid-suidoos van die middestad van Moskou. Domodedowo is die grootste lughawe in Rusland wat betref passasiers- en vragverkeer (22,25 miljoen passasiers het die lughawe in 2010 gebruik, wat ’n toename van 19,2% is vanaf 2009), en is saam met Sjeremetjewo en Wnoekowo een van die drie hooflughawens van Moskou.
Moskouse Domodedowo-lughawe Московский аэропорт Домоде́дово | |||
---|---|---|---|
Lugfoto van Domodedowo | |||
IATA: DME – ICAO: UUDD | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar | ||
Eienaar/Operateur | East Line-groep (Группа Ист Лайн) | ||
Bedien | Moskou, Rusland | ||
Ligging | Domodedowo | ||
Spil vir |
| ||
Hoogte bo seevlak | 588 vt / 179 m | ||
Koördinate | 55°24′31″N 37°54′22″O | ||
Webtuiste | |||
Landkaart | |||
Ligging binne die Moskou-oblast | |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
m | vt | ||
14C/32C (Vorige) | 2 600 | 8 531 | Beton |
14L/32R | 3 800 | 12 467 | Versterkte beton |
14R/32L | 3 500 | 11 483 | Versterkte beton |
Statistieke (2013) | |||
Passasiers | 30 760 000 | ||
Lugbewegings | 253 500 | ||
Bron: DAFIF |
In 2003 het die lughawe ’n uitbreidingsprogram begin om wyerompvliegtuie te huisves. Die aanloopbaan, rybane en parkeerterreine is vergroot en versterk. In Maart 2009 is aangekondig dat die lughawe se aansoek geslaag het; dit was die eerste Russiese lughawe wat goedgekeur is vir vliegtuie soos die Airbus A380.[1]
Die lughawe is genoem na die dorp Domodedowo, waar dit geleë is. Vlugte het in Maart 1964 begin met ’n vlug na Swerdlofsk. Die lughawe, wat ingestel was op langafstandvlugte in die Sowjetunie, is amptelik in Mei 1965 geopen. ’n Tweede aanloopbaan, langs die eerste een, is 18 maande later in gebruik geneem.
In 1993–1994 het die East Line-groep, wat deur Dmitri Kamensjik gestig is, in verskeie geriewe by die lughawe belê, onder meer ’n nuwe doeaneterminaal en spysenieringsdienste.[2] In laat 1996 het die East Line-groep die terminaalgeriewe geprivatiseer. Sedert 1998 word die aanloopbane, lugverkeerbeheer en kommunikasiegeriewe aan East Line verhuur.
In die 2000's het East Line belê in die herbou en modernisering van die verouderde lughawegeriewe. Teen 2009 is die vloeroppervlak vergroot van 70 000 m2 in 2004 tot 135 000 m2. Met die opknapping is groot lugdienste soos British Airways, El Al, Swiss International Air Lines, Japan Airlines en Austrian Airlines weggelok van die ander Moskouse lughawe Sjeremetjewo. Hul voorbeeld is deur ander groot lugdienste soos Lufthansa gevolg. Aeroflot het ook sekere vragoperasies na Domodedowo geskuif. Die lughawe het daarna die hooflughawe vir verskeie Russiese lugdienste geword. Domodedowo het Sjeremetjewo verbygesteek wat passasiergetalle betref en die besigste lughawe in Rusland geword. Teen 2010 het die getal passasiers by Domodedowo gestyg van 2,8 miljoen per jaar in 2000 tot meer as 22 miljoen.[3]
Domodedowo was die teiken van twee terroristeverwante voorvalle. In 2004 het Moslem-selfmoordbomaanvallers verby sekuriteit beweeg en aanboord van twee passasiersvliegtuie gegaan. Hulle het die bomme laat afgaan nadat die vliegtuie opgestyg het. Ondanks verhoogde sekuriteit was daar nog ’n sluipmoordbomvoorval op 24 Januarie 2011 toe ’n Islamitiese militante die terminaalgebou binnegegaan en ’n bom in die aankomsaal laat afgaan het. Nog strenger maatreëls is sedertdien ingestel.
Die lughawe het ’n treinstasie met dienste na die Paweletsk-spoorwegterminaal in Sentraal-Moskou. Daar is ook Aeroexpress-sneltreine en gewone passasierstreine.
Die lughawe kan bereik word met ’n verbinding van die Moskouse Ringstraat en die Kasjirskoje-snelweg. Taxi's, limousines en gewone motors kan in die lughawe gehuur word.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.