Internasionale Lughawe Wnoekowo
internasionale lughawe in Moskou, Rusland From Wikipedia, the free encyclopedia
internasionale lughawe in Moskou, Rusland From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Internasionale Lughawe Wnoekowo (Russies: Международный аэропорт Внуково) is ’n internasionale lughawe 28 km suidwes van die middestad van Moskou, Rusland. Dit is saam met Domodedowo en Sjeremetjewo een van die hooflughawens van Moskou. In 2013 het dit 11,175 miljoen passasiers hanteer, wat sowat 18% meer is as die 9,46 miljoen van 2010.[1] Dit is die derde besigste lughawe in Rusland.
Internasionale Lughawe Wnoekowo Международный Аэропорт Внуково | |||
---|---|---|---|
Die Wnoekowo-lughawe in 2008, toe dit gerestoureer is | |||
IATA: VKO – ICAO: UUWW | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar | ||
Operateur | JSC "Vnukovo Airport" | ||
Bedien | Moskou | ||
Ligging | Moskou, Rusland | ||
Spil vir |
| ||
Hoogte bo seevlak | 209 m / 686 vt | ||
Koördinate | 55°35′24″N 37°16′17″O | ||
Webtuiste | |||
Landkaart | |||
Ligging binne die Moskou-oblast | |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
m | vt | ||
06/24 | 3 000 | 9 842 | Beton |
01/19 | 3 060 | 10 039 | Beton |
Statistieke (2013) | |||
Passasiers | 11 175 100 | ||
Lugbewegings | 163 600 | ||
Bron: "DAFIF" |
Wnoekowo is tydens die Tweede Wêreldoorlog in gebruik geneem vir militêre operasies, maar het ná die oorlog ’n burgerlike lughawe geword.
Wnoekowo is die oudste van Moskou se lughawens wat nog gebruik word. Die Sowjet-regering het die bou daarvan in 1937 goedgekeur en dit is op 1 Julie 1941 in gebruik geneem. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het dit as ’n militêre basis gedien; passasiersvlugte is ná die oorlog begin.
In 1980 is die lughawe vergroot vir die 1980 Olimpiese Somerspele. In 1993 het Wnoekowo ’n naamlose vennootskap geword. ’n Groot herbouprogram is in laat 2003 begin. In April 2004 is ’n nuwe Terminaal B in gebruik geneem. Dit hanteer tans internasionale passasiers, maar sal later verander word in ’n binnelandse terminaal. Dit kan 4 miljoen passasiers per jaar hanteer.
In Augustus 2005 is ’n Aeroexpress-spoowegverbinding met die Kijefski-spoorwegterminaal daargestel en in Desember 2010 is ’n nuwe Terminaal A in gebruik geneem.
Van die drie Moskouse lughawens is Wnoekowo die hoogste bo seespieël en in mistige weer dien dit dikwels as alternatiewe lughawe.[2] Dit kan ’n maksimum van 3 000 passasiers per uur hanteer. In 2008 het byna 8 miljoen passasiers dit gebruik, wat ’n toename van 16,7% in 2007 was.[1]
’n Voorgestelde ontwikkelingsprogram sal tot 2015 duur en is daarop gemik om Wnoekowo in ’n hoogs mededingende fasiliteit van internasionale betekenis te verander.
Die Aeroexpress-terminaal verbind die lughawe met die Kijefski-spoorwegterminaal in die middestad van Moskou. Die reis duur sowat 35 minute.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.