Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Mbombela-stadion is 'n 43 500-sitplek stadion en was een van die tien stadions wat tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 vir wedstryde gebruik is.[2] Dit is ses kilometers wes van Nelspruit in Mpumalanga, Suid-Afrika geleë.
Mbombela-stadion | ||
Die Mbombela-stadion | ||
Ligging | Nelspruit, Suid-Afrika | |
---|---|---|
Koördinate | 25°27′40″S 30°55′44″O | |
Eienaar | Mbombela-munisipaliteit | |
Kapasiteit | 43 589[1] | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Eerste sooi gespit | Februarie 2007 | |
Geopen | Oktober 2009 | |
Boukoste | R1.05 miljard (USD$ 140 miljoen) | |
Argitek | R&L Argitekte | |
Huurders | ||
Die stadion is na die stad vernoem, wie se amptelike naam deur die Suid-Afrikaanse regering in Oktober 2009 in Mbombela verander is.[3] Maar FIFA se 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi-webwerf het na die stad as Nelspruit verwys.
Die stadion is die middelpunt van 'n voorgestelde wyer sportsgebied met atletiek en krieket sowel as ander sportsoorte.
Die R1 050 miljoen se sportfasiliteite was gereed vir gebruik voor begin van die Wêreldbeker-sokkertoernooi in Junie 2010. Die stadion is moontlik gemaak deur befondsing van belastingbetalers.
Die Pumas is die vernaamste rugbyhuurders. Hulle speel al hul Curriebeker-wedstryde by die stadion, terwyl die meeste Vodacombeker- wedstryde by die Puma-stadion gespeel word.
Die stadion het sy eerste rugbywedstryd op 27 Augustus 2010 gehou. Die Pumas was gasheer vir die Blou Bulle in 'n 2010 Curriebeker-wedstryd. Pumas het met 22–21 gewen, terwyl hulle rustyd 10–11 agter was.
Die Pumas het weer van die stadion gebruik gemaak toe hulle die Westelike Provinsie op 17 September 2010 ontvang het. Die Westelike Provinsie het die wedstryd met 62–10 gewen.
Die land se nasionale span, die Springbokke, het op 15 Junie 2013 hul eerste wedstryd in die stadion teen Skotland gespeel.
Suid-Afrika het Wallis op 21 Junie 2014 by die stadion in die tweede toets van Wallis se 2014 Suid-Afrikaanse toer ontvang. Die Springbokke het die wedstryd 31–30 gewen.
Die Bokke het op 20 Augustus 2016 in die stadion teen Argentinië te staan gekom. Die Springbokke het met 30-23 gewen.
Die eerste keer dat die All Blacks teen die Bokke in die Mbombela-stadion sou speel, was vir 26 September 2020 geskeduleer, maar die wedstryd is weens die COVID-19-pandemie gekanselleer. Die herskeduleerde wedstryd het op 6 Augustus 2022 plaasgevind, met Suid-Afrika wat 26-10 gewen het.
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
16 Junie 2010 | 13:30 | Honduras | 0–1 | Chili | Groep H | 32 664 |
20 Junie 2010 | 16:00 | Italië | 1–1 | Nieu-Seeland | Groep F | 38 229 |
23 Junie 2010 | 20:30 | Australië | 2–1 | Serwië | Groep D | 37 836 |
25 Junie 2010 | 16:00 | Noord-Korea | 0–3 | Ivoorkus | Groep G | 34 763 |
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
21 Januarie 2013 | 17:00 | Zambië | 1–1 | Ethiopië | Groep C | 15 500 |
21 Januarie 2013 | 20:00 | Nigerië | 1–1 | Burkina Faso | Groep C | 13 500 |
25 Januarie 2013 | 17:00 | Zambië | 1–1 | Nigerië | Groep C | 25 000 |
25 Januarie 2013 | 20:00 | Burkina Faso | 4–0 | Ethiopië | Groep C | 35 000 |
29 Januarie 2013 | 19:00 | Zambië | 0–0 | Burkina Faso | Groep C | 8 000 |
30 Januarie 2013 | 18:30 | Togo | 1–1 | Tunisië | Groep D | 7 500 |
3 Februarie 2013 | 18:30 | Burkina Faso | 1–0 (e.t.) | Togo | Kwarteindronde | 27 000 |
6 Februarie 2013 | 18:30 | Burkina Faso | 1–1 (3–2 n.S.) | Ghana | Halfeindronde | 30 000 |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.