Remove ads
Engelse rugbyspeler From Wikipedia, the free encyclopedia
Jonathan Peter Wilkinson (gebore op 25 Mei 1979 in Frimley, Engeland) is 'n voormalige Engelse rugbyspeler. Hy het as 'n losskakel vir Newcastle Falcons en Toulon gespeel en Engeland en die Britse en Ierse Leeus verteenwoordig. Hy het onder meer tydens die Rugbywêreldbeker 1999, Rugbywêreldbeker 2003, Rugbywêreldbeker 2007 en Rugbywêreldbeker 2011 vir Engeland uitgedraf. Hy is veral bekend daarvoor dat hy die wendoel in die Rugbywêreldbeker 2003 behaal het en word algemeen erken as een van die beste rugbyspelers van alle tye.[3]
| |||||
Jonny Wilkinson in 2015 | |||||
Volle naam | Jonathan Peter Wilkinson | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 25 Mei 1979 | ||||
Geboorteplek | Frimley, Engeland | ||||
Lengte | 1,78 m[1] | ||||
Massa | 89 kg[1] | ||||
Skool | Lord Wandsworth College | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Losskakel | ||||
Amateurspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
Farnham | |||||
Professionele / senior klubs | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
1997–2009 2009–2014 |
Newcastle Falcons RC Toulon |
182 141 |
(2 049) (1 884) | ||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
1998–2011 2001, 2005 |
Engeland Britse en Ierse Leeus |
91[2] 6 |
(1 179) (67) | ||
Amptelike webblad | |||||
jonnywilkinson.com |
Hy het twaalf seisoene klubrugby gespeel in die Engelse premierskap met Newcastle Falcons. In 2009 verhuis hy na Toulon, waar hy twee Heineken Cups en een Top 14-kampioenskap in vyf seisoene gewen het.
Wilkinson het 91 keer vir Engeland gespeel. Hy was 'n integrale lid van die Engelse span wat die Rugbywêreldbeker 2003 gewen het en die wendoel in die laaste minuut van ekstra tyd teen Australië in die eindstryd behaal het. Hy het van verskeie beserings herstel en was deel van die Engelse span wat die eindstryd van die Rugbywêreldbeker 2007 gehaal het. Hy het twee keer saam met die Britse en Ierse Leeus getoer, in 2001 na Australië en 2005 na Nieu-Seeland.
Hy het na die einde van die 2014 seisoen uit rugby getree.[4] In 2016 word hy opgeneem in Wêreldrugby se Heldesaal. Wilkinson is tans 'n televisie-aanbieder vir ITV Sport. Hulle bied dekking van die Sesnasies-toernooi, Rugbywêreldbeker en ander rugbykompetisies.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.