From Wikipedia, the free encyclopedia
Iwan Jakowlewitsj Bilibin (Russies: Ива́н Я́ковлевич Били́бин; 16 Augustus 1876 – 7 Februarie 1942) was een van die invloedrykste 20ste-eeuse illustreerders en verhoogontwerpers in Rusland. Dwarsdeur sy loopbaan is hy sterk deur die Slawiese mitologie beïnvloed.
Iwan Bilibin | |
---|---|
Portret van Iwan Bilibin deur Boris Koestodijef, 1901. | |
Geboortenaam | Iwan Jakowlewitsj Bilibin (Ива́н Я́ковлевич Били́бин) |
Gebore | Sint Petersburg | 16 Augustus 1876
Sterf | 07 Februarie 1942 (op 65) Leningrad |
Nasionaliteit | Russies |
Veld | Illustrasies, verhoogontwerp |
Beïnvloed deur | Slawiese mitologie Tradisionele Japannese kuns |
Bilibin is in ’n voorstad van Sint Petersburg gebore. Hy het onder andere onder Ilja Repin studeer[1] en daarna sy studies in München voortgesit. In 1902–1904 het hy in die noorde van Rusland gereis waar hy betower is deur ou houtgeboue en Russiese folklore. Hy het sy bevindings in 1904 gepubliseer in die monografie Volkskuns van die Russiese Noorde. Nog ’n groot invloed op sy werk was tradisionele Japannese kuns.
Bilibin het in 1899 bekend geword toe hy sy innoverende illustrasies van Russiese feëverhale gepubliseer het. Tydens die Russiese Rewolusie van 1905 het hy rewolusionêre tekenprente gemaak. Die Oktober-revolusie het hom egter nie geval nie. Ná kort rukke in Kaïro en Alexandrië het hy in 1925 in Parys gaan woon. Daar het hy private huise en Ortodokse kerke versier. Hy het egter na sy vaderland verlang en nadat hy die Sowjet-ambassade in 1936 versier het, het hy na die Sowjetunie teruggekeer waar hy klas gegee het tot in 1941. Bilibin is tydens die Beleg van Leningrad dood.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.