Remove ads
dorp in Mpumalanga, Suid-Afrika From Wikipedia, the free encyclopedia
Hendrina is 'n dorp in die Suid-Afrikaanse provinsie van Mpumalanga. Die dorp lê sentraal tussen Middelburg, Ermelo, Bethal, Davel en Carolina.
Hendrina | |
---|---|
Koördinate: 26°9′S 29°43′O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Mpumalanga |
Distrik | Nkangala |
Munisipaliteit | Steve Tshwete |
Stigting | 1914 |
Oppervlak | |
• Totaal | 6,28 km2 (2,42 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 2 359 |
• Digtheid | 376/km2 (970/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 66.1% |
• Indiërs/Asiërs | 1.8% |
• Bruin mense | 1.5% |
• Swart mense | 29.2% |
• Ander | 1.4% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 69.0% |
• Zoeloe | 11.2% |
• Engels | 5.8% |
• Swazi | 2.4% |
• Ander | 11.6% |
Poskode (strate) | 1095 |
Poskode (posbusse) | 1095 |
Skakelkode | 013 |
In April 1914 word 'n vergadering op die plaas Grasfontein gehou om die wenslikheid van 'n dorp in hierdie omgewing te bespreek. Die idee het ontstaan by George Abraham, 'n sakeman, toe hy verneem het dat boere 'n meer sentrale kerkgebou wou oprig, omdat die afstande na naby geleë dorpe baie ver was. Abraham was van mening "stig 'n dorp en 'n eie gemeente met 'n eie kerkgebou sal volg". Uit twee voorstelle van plase waar 'n dorp gestig kon word, word die plaas Grasfontein van Gert Beukes gekies. Die grond word deur Willem (Dop) Joubert gekoop. Op 1 Junie 1915 word die dorp Hendrina gestig. Die dorp is na Gert Beukes se vrou Hendrina (nee de Clercq) vernoem. Op 1 September 1915 word besluit om 'n NG Kerk op die dorp te stig. Op 15 Junie 1916 word Hendrina dorp geproklameer en die NG Gemeente Hendrina op 04 Oktober 1916. Die dorp was oorspronklik 285 morge groot met 607 erwe.
Twee van Eskom se grootste steenkoolkragstasies, Arnot en Hendrina, is in die omgewing geleë. Daar is ook steenkoolmyne in die omgewing. Gemengde boerdery word beoefen (melk, grondbone, aartappels en mielies).
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.