Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Arnot-kragstasie in Mpumalanga, Suid-Afrika, is 'n steenkoolkragstasie wat deur Eskom bedryf word. Steenkool van die Arnot-steenkoolmyn voer die stasie direk.
Arnot-kragstasie | |
---|---|
Ligging | Middelburg |
Provinsie/Land | Mpumalanga |
Koördinate | 25.94384°S 29.78956°O |
Doel | Nywerheid en huishoudelik |
Status | Operasioneel |
Eienaar | Eskom |
Turbines | 4 stoomturbines |
Geïnstalleerde kapasiteit | 2 352 Megawatt |
Netto opwekking | sien teks |
Die bouwerk aan Arnot het in 1968 begin, hierdie opwekkingseenheid is in 1971 in gebruik geneem en die stasie was teen 1975 volledig in gebruik.[1] Tussen 1992 en 1997 is drie van sy eenhede tydelik gesluit weens Eskom se oorskotproduksievermoë, maar dit is in Januarie 1997, November 1997 en Desember 1998 onderskeidelik weer aanlyn gebring.
Die kragopwekking is oorspronklik verskaf deur ses eenhede van 350 MW met 'n totale geïnstalleerde kapasiteit van 2 100 MW.[2] Die turbine se maksimum deurlopende gradering is 35,60%
Gradering van die eenhede word tans gegee as 1 x 370 MW; 1 x 390 MW; 2 x 396 MW; 2 x 400 MW vir 'n totaal van 2 352 MW geïnstalleerde kapasiteit en 2 232 MW nominale kapasiteit.[3]
Benewens toevoer aan die Suid-Afrikaanse kragnet, voer Arnot saam met die Camden-kragstasie ook die smelter van Mozal Aluminium in Mosambiek via 400 kV transmissielyne.[2] Mozal verbruik ongeveer 950 MW.[4]
Arnot het tweekeer NOSCAR-status van die Nasionale Beroepsveiligheidsvereniging (NOSA) ontvang.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.