Goeie Vrydag

Christelike vakansiedag, die Vrydag voor Paasfees From Wikipedia, the free encyclopedia

Goeie Vrydag

Goeie Vrydag is die Vrydag voor Paasfees, dit volg op Wit-Donderdag en word deur Heilige Saterdag opgevolg. Op Goeie Vrydag herdenk Christene die kruisiging en dood van Jesus van Nasaret op die heuwel Golgota net buite die stad Jerusalem. Dit volg nadat die Romeinse goewerneur van die Romeinse provinsie Judea, Pontius Pilatus, Jesus op aandrang van die sanhedrin, die Joodse hoë raad, tot dood veroordeel het.

Thumb
Kruisiging van Jesus op die heuwel Golgota net buite die stad Jerusalem
Thumb
Jesus se Kruisiging, skildery deur Gabriel Wüger in 1868
Thumb
Ikoon van die Kruisiging, Weliki Nowgorod, Rusland, ca. 1360
Thumb
Ecce Homo ("Aanskou die Man"), 'n Uitbeelding deur Ciseri van Antonio van Pontius Pilatus wat 'n erg gepynigde Jesus van Nasaret voorhou aan die mense van Jerusalem
Thumb
'n Tipiese optog op Goeie Vrydag in Rooms-Katolieke lande (hier Quito, Ecuador)
Thumb
'n Goeie Vrydag-optog in Stuttgart, Duitsland

Die dag word as 'n openbare vakansiedag in Suid-Afrika en verskeie ander lande gedenk. Meeste Christelike kerke hou eredienste om die dag se gebeure te gedenk. Nagmaal word dikwels by sulke dienste bedien. Volgens die Rooms-Katolieke Kerk is Goeie Vrydag 'n streng dag van vas en onthouding. Die dag behoort tot die drie dae van Paasfees (Latyn: Triduum Sacrum of Triduum Paschale), wat met die Heilige Mis voor die laaste Aandmaal op Wit-Donderdag begin, beide Goeie Vrydag en Heilige Saterdag, die dag van die grafvrede insluit, en met die fees van Jesus se opstanding in die Paasnag eindig.

Hierdie drie dae van Paasfees is in al die Christelike strominge die oudste en belangrikste fees van die Liturgiese jaar en word volgens die Pasgageheimenis gevier as een enkele kerkdiens, wat op Wit-Donderdag begin en met die seën op Paasoggend eindig.

Geskiedenis

Daar was tot dusver geen fundamentele historiese ondersoek oor Goeie Vrydag nie.[1] Goeie Vrydag het sy oorsprong in 'n gebeurtenis wat in die Nuwe Testament van die Bybel beskryf word. Die kruisiging van Jesus van Nasaret op die heuwel Golgota beskryf die evangelis Markus soos volg: "Dit was nege-uur die môre toe hulle Hom gekruisig het."[2] In die vroeë dae van die Christendom was die dag dus 'n herdenkingsdag. Die eerste Christene het die dag as "Kruisigingspesach", as 'n voorbereidingsdag vir die Paasfees (afgelei van karen vir "voorbereiding"), gehou.[3] Teen tye van Tertullianus is net op Goeie Vrydag en Heilige Saterdag, maar rondom 250 is die hele Heilige Week gevas. In 325 is tydens die Eerste Konsilie van Nicea oor die buigsame Romeinse datum van Paasfees beraadslaag. Rakende Goeie Vrydag en Heilige Saterdag het Pous Innocentius I (416) in sy brief aan Decentius van Eugubium oor die kerk in Rome geskryf, dat hier die "vieringe van die sakramente nie nodig is nie" (iduo sacramenta penitus non celebrari).[4]

In die Middeleeue het Goeie Vrydag hoegenaamd nie tot die belangrike Christelike feeste soos Paasfees, as fees van Jesus se opstanding, behoort nie, en is net as 'n halwe vakansiedag beskou, waarop die werk net tydens die kerkdiens of tot die middagete onderbreek is.[5] Ná die Protestantse Hervorming het baie Lutherse kerke die tradisie van 'n halwe vakansiedag bybehou. Zürich se "Ordnung der Feiertage" uit 1526 het die dag nie as 'n vakansiedag beskou nie; volgens Sakse se kerkorde uit 1528 sou Goeie Vrydag "op 'n kleiner manier gehou word".[6] In 1532 het Hesse se kerkorde die dag nie meer as 'n vakansiedag gelys nie. Die Lutherse kerke het Goeie Vrydag se belangrikheid egter verhoog, nadat dié dag met die Liturgiese hooffeeste (Kersfees, Paasfees en Pinkster) gelykgestel is, byvoorbeeld in die Oldenburgse kerkorde uit ca. 1573.

As gevolg van Pous Urbanus VIII se reëling oor die feeste in 1642 het Goeie Vrydag 'n gewone werkdag geword, terwyl Martin Luther se "Guter Freitag" ("Kar-" vanaf Latyn carus vir "lief", "goed" of "dierbaar") in die Lutherse Kerk die belangrikste fees geword het. Van die Duitse "Guter Freitag" het in die Engelstalige wêreld Good Friday en in Nederlands Goede Vrijdag geword; laasgenoemde het in Afrikaans tot Goeie Vrydag ontwikkel. In Switserland se hervormde gebiede het Goeie Vrydag eers rondom 1860 'n openbare vakansiedag geword.[7] In Mark Brandenburg het Goeie Vrydag in 1696 'n openbare vakansiedag geword.[8] Die reëling oor die feesdae in 1771 het Goeie Vrydag as 'n volledige vakansiedag erken.[9] Die Engelse Bank Holidays Act het in Oktober 1871 Goeie Vrydag as 'n openbare vakansiedag goedgekeur.

Datums

Die datum van Goeie Vrydag word, nes baie ander feeste en herdenkings van die liturgiese jaar, volgens die Paasfeesdatum bereken. Vervolgens word Goeie Vrydag op die tweede dag vóór Paassondag gehou. Die vroegste moontlike termyn volgens die Gregoriaanse kalender is 20 Maart en die laaste moontlike is 23 April. In die Juliaanse kalender, wat veral deur die Oosters-Ortodokse Kerke gebruik word, verskil dié datum effens.

Meer inligting Jaar, Weste ...
2000–2010
JaarWesteOoste
2000 21 April28 April
2001 13 April
2002 29 Maart3 Mei
2003 18 April24 April
2004 9 April
2005 25 Maart29 April
2006 14 April21 April
2007 6 April
2008 21 Maart25 April
2009 10 April17 April
2010 2 April
2011–2021
JaarWesteOoste
2011 22 April
2012 6 April13 April
2013 29 Maart3 Mei
2014 18 April
2015 3 April10 April
2016 25 Maart29 April
2017 14 April
2018 30 Maart6 April
2019 19 April26 April
2020 10 April17 April
2021 2 April30 April
2022–2032
JaarWesteOoste
2022 15 April22 April
2023 7 April14 April
2024 29 Maart3 Mei
2025 18 April
2026 3 April10 April
2027 26 Maart30 April
2028 14 April
2029 30 Maart6 April
2030 19 April26 April
2031 11 April
2032 26 Maart30 April
Sluit

Sien ook

Verwysings

Verdere leesstof

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.