Christelike teoloog From Wikipedia, the free encyclopedia
Quintus Septimius Florens Tertullianus, (ca. 160 – ca. 220 n.C.),[1] was 'n prolifieke vroeë Christenskrywer van Kartage in die Romeinse provinsie Africa.[2] Hy was die eerste Christenouteur om 'n ekstensiewe korpus Latynse Christenliteratuur te lewer. Hy was ook 'n vername vroeë Christenapologeet en 'n polemikus teen kettery. Tertullianus is al "die vader van die Latynse Christendom" genoem.[3] Alhoewel konserwatief, het hy wel nuwe teologie voortgebring en ontwikkel in die vroeë kerk. Hy is miskien mees beroemd as die vroegste behoue Latynse skrywer om die term Drie-eenheid (Latyn: trinitas) te vermeld,[4] benewens vir die oudste ekstante formele uitleg van 'n Trinitêre teologie.[5] Ander Latynse formulerings wat in sy werk vir die eerste keer na vore tree is "drie Persone, een Substansie" as die Latynse "tres Personae, una Substantia" (opsigself uit die Koine-Grieks "treis Hypostases, Homoousios").[6] Sekere van Tertullianus se idees was nie aanvaarbaar vir die ortodokse kerk nie; in sy latere lewe het hy 'n Montanis geword.
Tertullianus | |
---|---|
Denkbeeldige voorstelling van Tertullianus | |
Gebore | Quintus Septimius Florens Tertullianus ca. 160 Kartage, Romeinse Ryk |
Sterf | ca. 220 Kartage, Romeinse Ryk |
Nasionaliteit | Romeinse Ryk |
Tertullianus het die industrie, ondernemerskap en vooruitgang van die mensdom geprys. Die mens se roeping en aard was trouens om die wêreld aan homself te onderwerp. Hierin sien hy egter ook 'n reaksie in die skepping. Die mens se ongebreidelde welvaart lei tot tekorte en wanbalanse, en word eindelaas deur rampe getemper. Rondom 210 n.C. skryf hy:
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.