Remove ads
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Gereformeerde kerk Lindley is die derde oudste gemeente in die GKSA se Klassis Oos-Vrystaat en met 37 belydende en 11 dooplidmate einde 2014, ook die kleinste. Benewens die hoofdorp Lindley, sluit die gemeente ook Arlington en Petrus Steyn in.
Gereformeerde Kerk Lindley | ||
Sluit in | Arlington Lindley Petrus Steyn | |
Denominasie | Gereformeerde Kerk | |
Klassis | Klassis Oos-Vrystaat | |
Huidige predikant(e) | Marco le Roux | |
In kombinasie met | Reitz | |
Belydende lidmate | 34 | |
Dooplidmate | 6 | |
Adres | H.v. Jooste- en Cilliersstraat Lindley | |
Geskiedenis | ||
Stigtingsdatum | 25 Maart 1911 6 Januarie 1913 | |
Eerste predikant | J.H. Boneschans (1917–'19) |
Lindley is een van die agt sogenaamde Gereformeerde Kerke onder die Kruis wat ontevrede lidmate van die Nederduitse Gereformeerde Kerk tussen 1897 en 1911 gestig het. Van dié agt kerke, bestaan nog net Lindley, Frankfort, Carolina en Clanwilliam. Op 3 Januarie 1911 is 'n voorlopige byeenkoms gehou van die beswaarde lidmate van die NG gemeente Lindley en 'n kommissie benoem om die name van diegene wat wou uittree uit die NG Kerk, op te neem. Toe daar op 18 Januarie 1911 weer 'n vergadering gehou is ten huise van P.C. Oosthuizen, het dit geblyk dat daar sowat 100 persone was wat bereid was om hul lidmaatskap van die NG Kerk te beëindig weens talle besware teen dié kerkverband.
Op ’n gemeentevergadering op 25 Maart 1911 op die plaas Klipdrift en in samewerking met Steynsrus (waar die NG gemeente Steynsrus die jaar vantevore gestig is) is toe ’n gemeente gestig wat sou bekendstaan as die Gereformeerde Kerk onder die Kruis. Op 6 Januarie 1913 het hulle op aanbeveling van ds. S.J. du Toit, vader van Totius, by die Gereformeerde Kerk aangesluit.
Reeds in Oktober 1912 het die lidmate op ’n gemeentevergadering besluit om ’n kerkgebou op Lindley op te rig. Twee erwe is gekoop en 32 banke is van die Gereformeerde kerk Ventersburg aangekoop. Ds. H.P.J. Pasch het die kerk se hoeksteen op 13 Mei 1913 gelê. Die teks op die steen is Ps. 74:19. Binne-in die hoeksteen is ’n holte gemaak waarin ’n vrugtefles verseël is. Daarin is al die besware van die gemeente en hul beginsels op skrif gestel sodat die nageslag kan sien waarom hulle hier ’n Kruiskerk gestig het.
Later is ’n konsistorie agter die kerk aangebou en ook die vooraansig verander om die deur onder dak te kry.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.