Lindley
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Lindley is 'n dorp in die Oos-Vrystaat, Suid-Afrika. Die dorp val onder beheer van die Nketoana Plaaslike Munisipaliteit.
Lindley | |
---|---|
Koördinate: 27°52′0″S 27°55′0″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Vrystaat |
Distrik | Thabo Mofutsanyana |
Munisipaliteit | Nketoana |
Stigting | 1875 |
Regering | |
• Tipe | Genoem na |
Oppervlak | |
• Totaal | 23,0 km2 (8,9 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 12 000 |
• Digtheid | 522/km2 (1 350/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 3.6% |
• Indiërs/Asiërs | 0.3% |
• Bruin mense | 0.3% |
• Swart mense | 95.6% |
• Ander | 0.2% |
Taal (2011) | |
• Sotho | 83.6% |
• Zoeloe | 6.1% |
• Afrikaans | 5.1% |
• Gebaretaal | 2.2% |
• Ander | 3.1% |
Poskode (strate) | 9630 |
Poskode (posbusse) | 9630 |
Skakelkode | 058 |
Die dorp is vernoem na 'n Amerikaanse Presbiteriaanse sendeling, Daniel Lindley (1801-1880). Daniel Lindley het 'n leraar vir die Voortrekkers geword na die moord op Piet Retief en sy gevolg in 1838. Lindley is gestig in 1875 op die plaas Brandhoek en geproklameer as 'n dorp in 1878. Die landmeter was Charles Pritchard van Bloemfontein en hy het oorspronklik 300 erwe uitgemeet. Vyf strate is na die stigters van die dorp vernoem: Rautenbach, Van den Heever, Sarel Cilliers, Hattingh en De Wet. In 1885 het die eienaars die dorp geskenk aan die NG kerk. Ses jaar later het die NG kerk die bestuur van die dorp aan 'n munisipaliteit oorgedra.
Daar het verskeie veldslae in die omgewing plaasgevind tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Op 2 Februarie 1902 het die Britse Leër die dorp verwoes. Na die oorlog is dit herbou. Een van die inwoners, John Collister-Oats, het 'n veldtog van stapel gestuur om duisende bome te plant.
Die distrik is 2 833 km2 groot. Van die belangrikste gewasse wat verbou word is mielies, koring, aartappels, suiwel en beeste. Daar is ook 'n aanleg vir poeiermelk by die dorp. Daar is 'n oord langs die Valsrivier ontwikkel met 'n meer wat 5 km lank is. Sowat 5 km buite die dorp, op die Kroonstadpad, is daar 'n gedenkteken vir die Britse offisiere van die Imperial Yeomanry wat in gevegte in Mei 1900 daar gesneuwel het.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.