From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Gereformeerde kerk Linden is ’n gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika in die noordweste van Johannesburg.
Gereformeerde Kerk Linden | ||
Sluit in | Linden Emmarentia Roosevelt Park Greenside Northcliff | |
Klassis | Groter Johannesburg | |
Huidige predikant(e) | Dr. Jacob Pretorius Willem van der Waal | |
Belydende lidmate | 829 | |
Dooplidmate | 396 | |
Adres | H.v. Derdelaan en Sewendestraat Linden Johannesburg | |
Geskiedenis | ||
Stigtingsdatum | 19 Februarie 1950 | |
Afgestig van | Johannesburg-Noord (Melville) | |
Eerste predikant | C.E.G. Malan (1951–'66) |
Die gemeente Linden het in Februarie 1950 van die Gereformeerde kerk Johannesburg-Noord afgestig, die eerste van vier Gereformeerde kerke wat in daardie jaar tot stand gekom het. Eers is dienste in die saal van die Hoërskool Linden gehou, met ’n tweede diens in Ferndale of Fontainebleau (die gemeente Randburg sou eers in 1960 van Linden afstig). Met afstigting het die gemeente ’n sentraal geleë erf van Johannesburg-Noord as bruidskat ontvang. Op 12 Desember 1951 is ’n lidmaat, P.R. de Jager, as bouaannemer aangestel en die firma Geers en Geers as argitek. Ds. C.E.G. Malan het die kerk se hoeksteen op 17 Mei 1952 gelê en in 1953 is dit in gebruik geneem. Prof. S. du Toit was die feesspreker.
Weens die afname in die getal Afrikaanssprekende inwoners, en daarmee saam die lidmate van die Gereformeerde Kerk, in die westelike voorstede van Johannesburg, het Johannesburg-Noord in 1997 met Johannesburg (herstig in 1986) saamgesmelt as Johannesburg-Melville. Linden bly egter ’n lewenskragtige gemeente met ’n besonder gunstige verhouding van belydende tot dooplidmate van sowat 2:1. Die jaartalle in dié tabel dui op die jaar waarin die syfers in die Kerk se Almanak verskyn het en nie op die jaar waarin dit getel is nie, gewoonlik die vorige jaar.
1958 | 1959 | 1961 | 1998 | 2002 | 2012 | 2013 | 2014 | 2015 | 2016 | 2021 | |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Dooplidmate | 524 | 571 | 340 | 140 | 153 | 210 | 232 | 252 | 272 | 301 | 396 |
Belydende lidmate | 608 | 679 | 425 | 575 | 586 | 606 | 615 | 625 | 545 | 608 | 829 |
Sieletal | 1 132 | 1 250 | 765[1] | 715 | 739 | 816 | 847 | 877 | 817 | 909 | 1 225 |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.