From Wikipedia, the free encyclopedia
Perdagtiges (Equidae) is 'n familie van onewehoewige soogdiere. Die familie het nog net een lewende genus, naamlik Equus. Al die perde, donkies en sebras behoort aan die genus. Spesies van die genus kan verbaster, maar die nageslag is gewoonlik steriel.
Wilde perdagtiges kom nog op grasvlaktes in oostelike en suidelike Afrika, asook in Sentraal-Asië voor. Verwilderde perde word ook in Amerika en Australië aangetref. Twee spesies, die perd en donkie, is suksesvol gedomestikeer en word wêreldwyd (hoofsaaklik as las- en rydiere) aangehou.
Die huidige spesies is almal medium tot groot herbivore. Hulle het lang pote, elk met 'n enkele hoef, lang nekke en koppe. Die ore is groot en omhoog gerig. Al die spesies het maanhare en 'n lang stert. Hulle kom in 'n verskeidenheid van kleure voor. Die mannetjies is groter as die wyfies.
Perdagtiges leef hoofsaaklik van gras, maar hulle vreet ook ander plantmateriaal, soos blare, takkies en wortels. Hulle is groepsdiere. Sommige spesies (veral die bontkwagga) wei soms in gemengde troppe saam met ander hoefdiere.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.