From Wikipedia, the free encyclopedia
Mak maak (vgl. die Latynse woord domesticus: "van die huis") is die teel, kweek of tem van 'n bevolking van organismes om die eienskappe wat wenslik is vir die teler, kweker of temmer te beklemtoon. Die verlangde eienskappe kan insluit 'n bepaalde fisiese voorkoms, gedragskenmerke, indiwiduele grootte, werpselgrootte, hare/pelsgehalte of -kleur, groeikoers, vrugbaarheid, leeftyd, die vermoë om marginale hulpbronne en weiding te gebruik, die produksie van sekere neweprodukte, en vele ander.[1] Mak organismes mag afhanklik word van mense of menslike aktiwiteite, omdat hulle hul vermoë om in die natuur te oorleef kan verloor.
Mak maak verskil van temming in dat dit nie net verwys na 'n organisme se verandering in gedrag of omgewingssosialisering nie, maar potensieel selfs ook in hul fenotipiese uitdrukking en genotipes. Die woord mak word algemeen gebruik om 'n verandering in die hele bevolking te beteken, terwyl tem meer algemeen gebruik word om 'n verandering in individue te beteken. Verder is tem tipies slegs van toepassing op diere en hul gewoond raak aan menslike teenwoordigheid, terwyl mak maak 'n breër term behels, en kan plante, swamme en ander vorme van organismes insluit.
Plante word hoofsaaklik mak gemaak vir hul estetiese genot in en om die huis, en word sierplante genoem, terwyl dié wat mak gemaak word vir grootskaalse voedselproduksie gewasse (of kultivars) genoem word. Daar kan verder 'n onderskeid getref word tussen die mak plante wat doelbewus verander is vir spesiale gewenste eienskappe, en die plante wat gebruik word tot menslike voordeel, maar wat in wese geen verskil toon tussen die mak en wilde bevolkings van 'n spesie nie. Diere wat vir die mens se kameraadskap mak gemaak is, word troeteldiere genoem, terwyl dié soorte wat mak gemaak is vir voedselproduksie of arbeid, vee of plaasdiere genoem word.
Charles Darwin was die eerste wetenskaplike om die verband tussen mak maak, seleksie en evolusie te beskryf.[2] Darwin het beskryf hoe die proses van domestikasie beide onbewuste en metodiese elemente kan betrek. Die roetine-interaksie van mense met diere en plante skep seleksiedruk wat hul laat aanpas by die mens se teenwoordigheid, gebruik of verbouingsmetodes. Doelbewuste selektiewe teling is ook gebruik om die gewenste veranderinge in 'n spesie te weeg te bring, dikwels ná die aanvanklike makmaking. Hierdie twee aksies, onbewuste natuurlike seleksie en metodiese selektiewe teling, het beide 'n rol gespeel in die prosesse van mak maak dwarsdeur die geskiedenis.[1]
Die mak maak van koring dien as 'n voorbeeld. Wilde koring se saad val op die grond wanneer dit ryp is om die plant te regenereer, terwyl mak koringsaad op die stam bly vir makliker oes. Daar is bewyse dat hierdie verandering moontlik as gevolg van 'n ewekansige mutasie was, wat plaasgevind het in wilde bevolkings aan die begin van koring se mak verbouing. Koring met hierdie mutasie is meer dikwels geoes en die saad is vir die volgende aanplanting gebruik. Daarom het vroeë boere, sonder om dit te besef, hierdie mutasie gekies, wat andersins dalk sou uitgesterf het. Die gevolg is dat mak koring moet staatmaak op boere vir sy eie voortplanting en verspreiding.[3]
'n Mak dier voldoen aan minstens ses kriteria:[4]
Troeteldiere het bykomende kriteria:
Gedomestikeerde diere is o.a.:
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.