Oos-Asië

From Wikipedia, the free encyclopedia

Oos-Asië

Oos-Asië is 'n geografiese subgebied in die ooste van Asië wat op verskillende maniere gedefinieer kan word en wat met die verander het.[1] Dit wissel van 'n eng-definisie wat net die lande in Asië insluit wat deur die subtropiese monsoon en die historiese Chinese beskawing beïnvloed is[2] tot 'n baie breër polities-ekonomiese definisie. Oos-Asië en Oostelike Asië word soms as 'n alternatief vir die tradisionele term, die Verre-Ooste, gebruik.

Meer inligting Oppervlak, Bevolking ...
Oppervlak 11 839 074 km²
Bevolking 1 641 908 531 (2016)
Lande 6 (5 erkende, 1 omstrede; 2 afhanklike gebiede)
Tale Chinees, Japannees, Koreaans, Mongools, Tibettaans en baie ander
Tydsones UTC+07:00 (Wes-Mongolië) tot UTC+09:00 (Japan en Korea)
Belangrike stede Beijing
Hongkong
Osaka
Seoel
Sjanghai
Taipei
Tokio
Hanoi
Ulaanbaatar
Sluit

Oos-Asië

Thumb

Die volgende politieke entiteite word konsekwent as deel van Oos-Asië gesien:[3][2]

Verder word die volgende gebiede ook baie keer in die definisie ingesluit:[3]

Breër definisies sluit in Mianmar, Broenei, Kambodja, Oos-Timor, Indonesië, Laos, Maleisië, Filippyne, Singapoer, Thailand en Viëtnam.[4][5][6] Die East Asia Summit sluit die 10 lande van die ASEAN, plus China, Korea en Japan in.[7]

Selfs in die eng definisie van Oos-Asië dek die gebied ongeveer 12 000 000 km², of omtrent 28% van die Asiatiese vasteland en is dit omtrent 15% groter as Europa. Meer as 1,5 miljard mense, of omtrent 40% van die bevolking van Asië, of 'n kwart van al die mense in die wêreld leef in die geografiese Oos-Asië, wat omtrent twee keer Europa se bevolking is. Die gebied is een van die digsbevolkste gebiede ter wêreld; teen 130 per km², is dit ongeveer drie keer die wêreldgemiddelde.

Kultureel omvat dit die samelewings wat lank deel was van die Chinese kulturele sfeer:

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.