Suid-Afrikaanse country-sangeres From Wikipedia, the free encyclopedia
Cora Marie, die verhoognaam van Cora Nell (1953–1994), was 'n Afrikaanse country-sangeres. Sy reik oor haar loopbaan sowat 22 langspelers uit, waarvan 14 goue status behaal. Haar grootste treffers, waarmee sy bekendheid verwerf, was Gee haar 'n roos en Mamma Leonie. Sy is in 1994, op 41-jarige leeftyd, aan kanker oorlede.[1]
Cora Marie | |
---|---|
Geboortenaam | Cora Nell |
Gebore | 3 Januarie 1953 Pretoria, Suid-Afrika |
Sterf | 8 Julie 1994 Pretoria |
Genres | Country |
Beroep(e) | Sangeres |
Instrumente | Stem |
Jare aktief | 1974–1994 |
Webwerf | coramarie.co.za |
Cora Nell is op 3 Januarie 1953 in Pretoria gebore. Sy was die jongste van vier kinders en het drie broers gehad (Bobby, Jimmy en Dennis). Haar pa is in 'n motorongeluk oorlede toe sy een jaar oud was, waarna sy in 'n kinderhuis in Springs geplaas is.
Sy het aan talentkompetisies begin deelneem by die Hellenic Hotel in Johannesburg wat sy telkemale gewen het. In 1974 neem sy haar eerste enkelspeler, Hasta Manjana, 'n liedjie van ABBA, in Afrikaans op. Cora tree in September 1979 met die plateregisseur Corrie Myburgh in die eg.
In 1980 verwerf sy bekendheid met haar album Lang Verlang Kontrei, waarop haar grootste treffer Gee haar 'n roos, verskyn. In 1981 span en haar sangmaat Kupido kragte saam en hulle neem sewe langspeelplate oor die volgende 11 jaar saam op.
Cora is op 8 Julie 1994 in die ouderdom van 41, na 'n 2-jaar lange stryd teen kanker, oorlede. Sy laat haar man, Corrie Myburg, haar ma, Rina Heinlein, en drie aangenome seuns agter.[2][3][4]
Cora Marie se biografie,"Gee Haar 'n Roos-Die Lewensverhaal Van Cora Marie" (ISBN 978-1-920575-13-7) geskryf deur Shaun Mynhardt is op 7 Desember 2012 vrygestel.
In Maart 2015 het die bestuurder van haar bewonderaarsklub 'n reeks Country Huldeblyk Konserte ter ere van Cora gereël. Op 28 Maart 2015 het kunstenaars soos Min Shaw, Lance James, Tommy Dell, Shaun Mynhardt en Clive Bruce spesiaal Kaap toe gevlieg om hulde aan Cora te bring. Die konsert was uitverkoop.
Op 31 Oktober 2015 is die tweede Country Legendes-Huldeblyk aan Cora Marie (weer deur Shaun Mynhardt gereël) in Pretoria, by die Centurion Teater aangebied. Hierdie konsert was nog groter met legendes: Min Shaw, Lance James, Tommy Dell, Vicki du Preez en Shaun & Philip Mynhardt wat hulde aan Cora Marie gebring het. 'n Spesiale toekenning van die ATKV is postuum aan Cora Marie tydens hierdie glansgeleentheid oorhandig.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.