Springs
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Springs is 'n stad aan die Oos-Rand van die Gauteng-provinsie, Suid-Afrika, oos van Johannesburg. Die naam van die stad kom van die groot aantal fonteine (Engels: springs) in die omgewing. Dit het 'n bevolking van meer as 121 000.
Springs | |
---|---|
'n Blik oor Springs | |
Koördinate: 26°15′17″S 28°26′34″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Ekurhuleni |
Stigting | 1904 |
Oppervlak | |
• Totaal | 183,50 km2 (70,85 vk. myl) |
Hoogte | 1 618 m (5 308 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 121 610 |
• Digtheid | 663/km2 (1 720/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 36.2% |
• Indiërs/Asiërs | 4.4% |
• Bruin mense | 1.4% |
• Swart mense | 57.5% |
• Ander | 0.5% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 30.2% |
• Zoeloe | 20.6% |
• Engels | 15.7% |
• Noord-Sotho | 8.0% |
• Ander | 25.4% |
Poskode (strate) | 1559; 1576; 1578 |
Poskode (posbusse) | 1555 – 1559; 1560 – 1575; 1577 -1579 |
Skakelkode | 011 |
Springs het verskeie voorstede onder andere: Petersfield, Strubenvale en Struisbult. Die stad is huidig een van die industriële sentra van die Witwatersrand. Mynbou is vervang deur vervaardiging en ingenieurs-industrieë. Produkte van die streek sluit chemikalieë, papier en voedselstowwwe in.
Springs vorm deel van die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit wat die groter Oos-Rand insluit.
Die oorspronklike 7 km2-plaas waarop die stad later gebou sou word, The Springs, is in 1883 opgemeet. Steenkool is in die omgewing ontdek in 1887 en drie jaar later is Transvaal se eerste spoorlyn gebou om steenkool van die Oos-Randse steenkoolvelde na die goudmyne van die Witwatersrand te vervoer.
Die Springs-steenkoolmyne is later gesluit nadat beter steenkool verder oos in Witbank ontdek is. Intussen is goud ook in die omgewing ontdek. 'n Dorp is in 1904 uitgelê en in 1908 is die eerste goudontginning begin. In 1912 is munisipale status aan Springs toegeken. In die laat 1930's was daar agt goudmyne naby Springs, wat dit die grootste enkele goudproduserende area ter wêreld gemaak het.
Ferdinand Chauvier het in 1974 die Kreepy Krauly by sy huis in Springs ontwerp.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.