Leon Schuster
Suid-Afrikaanse filmmaker, akteur en komediant From Wikipedia, the free encyclopedia
Leon Schuster (gebore 21 Mei 1951) is die vervaardiger van rolprente (waarin hy gewoonlik self die hoofrol vertolk), komediant en akteur, en is Suid-Afrika se koning van fopkamera. Hy maak sy filmdebuut in 1983 in Wolhaarstories, die enigste Afrikaanse rolprent waarin hy gespeel het.
Leon Schuster | |
---|---|
![]() Foto van Leon Schuster | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Leon Ernest Schuster |
Gebore | 21 Mei 1951 Vereeniging, Suid-Afrika |
Beroep(e) | Filmvervaardiger, akteur, sanger |
Jare aktief | 1975 – hede |
Webwerf | leonschuster.co.za |
Leon Schuster | |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
---|
Hy is veral bekend danksy sy komiese rolprente wat Suid-Afrika se kultuur en kultuurverskille uitbeeld. Hy ontvang baie kritiek vir veral sy rolprente, wat as "toilethumor" beskou word, maar is die een rolprentvervaardiger wat oor taal- en kultuurgrense 'n aanhang opgebou het.
Biografie
Schuster is op Vereeniging gebore en het in Bloemfontein grootgeword en by Laerskool Wilgehof en Hoërskool Jim Fouché skoolgegaan.[1] Na skool het hy onderwys aan die Universiteit van die Vrystaat studeer en 'n BA-graad met Afrikaans en Engels as hoofvakke en later 'n Hoër Onderwysdiploma verwerf. Hy het vir die Universiteit van die Vrystaat se eerstespan rugby gespeel.[2] Hy het ook as haker vir die Vrystaatse rugbyspan gespeel en is steeds 'n groot ondersteuner van die Vrystaatse Cheetahs. Hy was toe 'n onderwyser by Hoërskool Jim Fouché vir twee jaar.[3][4]
Loopbaan
Schuster het in 1975 by die SAUK aangesluit, waar hy veral vir sy radioprogram Die Vrypostige Mikrofoon onthou word deur talle mense met sy vlymskerp poetse uit te vang. Dit het die fondament vir sy poetse in sy rolprente gelê.
Filmografie
- Wolhaarstories (1983)
- You Must Be Joking! (1986)
- You Must Be Joking! Too (1987)
- Oh Schucks!...Here Comes U*N*T*A*G (1989)
- Oh Schucks!...It's Schuster (1989)
- Sweet 'n Short (1992)
- There's a Zulu On My Stoep (1993)
- Panic Mechanic (1997)
- Millennium Menace (1999)
- Mr Bones (2001)
- Oh Shucks!...I'm Gatvol! (2004)
- Mama Jack (2005)
- Mr Bones 2 (2008)
- Schuks Tshabalala’s Survival Guide to South Africa (2010)
- Mad Buddies (2012)
- Oh Schucks!...Your Country Needs You! (2013)
- Schuks! Pay Back The Money (2015)
- Frank And Fearless (2018)
Diskografie
- Leon Schuster (1982)
- Broekskeur (1983)
- Waar En Wolhaar (1983)
- Briekdans (1984)
- Rugby (1985)
- You Must Be Joking! (1986)
- Dasiefoutie (1988)
- "Shakin" Schuster En Sy Opkikkers (1992)
- Hie' Kommie Bokke (1995)
- Gautvol in Paradise (1997)
- Die Vrypostige Mikrofoon, Volume 1 (1998)
- Die Vrypostige Mikrofoon, Volume 2 (1998)
- Baas Funny Plaas (1999)
- My Beste Jare (2001)
- Groen, Goud En White (2002)
- Catchup Song And Every Cricket Hit (2003)
- Oh Schuks... I'm Gatvol (2004)
- Op Dun Eish (2006)
- " Hie' Kommie Bokke 2!" (2007)
- Dra Die Bok (2008)
- My Mates – Die Bokke
Sien ook
Verwysing
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.