From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Aldan (Russies: Алдан) is ná die Wiljoei die tweede grootste sytak van die Lena in Siberië. Dié rivier, met 'n lengte van 2 273 km (1 412 myl), ontspring in die Stanowoj-bergreeks naby Nerjoengri, Jakoetië, net noord van die Amoer-oblast. Aansluitend vloei dié rivier in 'n noordelike rigting tot by Aldan en later in 'n noordoostelike rigting tot by Oest-Maja. Vanaf hier vloei die Aldan in 'n noordelike rigting tot by Chandiga en daarna in 'n westelike rigting. Sowat 150 km noord van Jakoetsk mond die Aldan in die Lena se middelloop uit.[1] Belangrike sytakke sluit in die Amga (1 462 km), die Maja (1 053 km) en die Oetsjoer (812 km).
Aldan | |
---|---|
Die Aldan by Tommot | |
Die stroomgebied van die Aldan | |
Oorsprong | Stanowoj-bergreeks naby Nerjoengri, Jakoetië, Rusland |
Monding | noord van Jakoetsk, Jakoetië, Rusland Lena |
Stroomgebied | Rusland |
Lengte | 2 273 km (1 412 myl) |
Mondinghoogte | 72 m (236 voet) |
Gemiddelde afloop | 5 060 m³/s (179 000 ft³/s) |
Stroomgebiedopp. | 729 000 km² (281 500 myl²) |
Kaart van die Aldan-bekken in Asië |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.