From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Wiljoei (Russies: Вилю́й, [vʲɪˈlʲʉj]; Jakoeties: Бүлүү, Bülüü, [bylyː]) is die grootste sytak van die Lena in Siberië. Dié rivier, met 'n lengte van 2 650 km (1 647 myl), ontspring in die Wiljoei-plato naby Ekonda, Krasnojarsk-krai, net noordwes van Jakoetië. Aansluitend vloei dié rivier in 'n suidoostelike rigting tot by Tsjernisjewskij en later in 'n oorwegend oostelike rigting met 'n suidelike boog tot by Soentar. Die Wiljoei vloei agtereenvolgens deur Njoerba, Werchnewiljoeisk en Wiljoeisk. Sowat 124 km (200 myl) stroomaf van Jakoetsk mond die Wiljoei in die Lena se middelloop uit.[1] Belangrike sytakke sluit in die Marcha (1 181 km) en die Tjoeng (1 092 km).
Wiljoei | |
---|---|
Stroomversnellings in die Wiljoei, Sentraal-Jakoetië | |
Die stroomgebied van die Wiljoei | |
Oorsprong | Wiljoei-plato naby Ekonda, Krasnojarsk-krai, Rusland |
Monding | noord van Jakoetsk, Jakoetië, Rusland Lena |
Stroomgebied | Rusland |
Lengte | 2 650 km (1 647 myl) |
Mondinghoogte | 72 m (236 voet) |
Gemiddelde afloop | 5 060 m³/s (179 000 ft³/s) |
Stroomgebiedopp. | 729 000 km² (281 500 myl²) |
Kaart van die Wiljoei-bekken in Asië |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.