![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/e/e9/Policemans_Helmet_Rock_RNNP.jpg/640px-Policemans_Helmet_Rock_RNNP.jpg&w=640&q=50)
Wolkesuikerbos
plant spesie / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Wolkesuikerbos (Protea nubigena) is 'n baie skaars proteaspesie wat endemies aan KwaZulu-Natal, Suid-Afrika is.[1][2][3][4] Dit kan net gevind word in die Royal Natal Nasionale Park in die Drakensberge naby die Policeman's Helmet, op pad na The Witches, in die rigting van Tugelakloof op 'n hoogte van ongeveer 2 300 m.[5] Die plant is regop en word 70 cm hoog en blom van Maart tot April.
Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...
Wolkesuikerbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Protea |
Spesie: | P. nubigena |
Binomiale naam | |
Protea nubigena Rourke, 1978 | |
Sluit
Die plant kan weer uitspruit nadat dit gebrand het. Die saad word geberg in 'n doppie en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei op berghange.
Op die SANBI-rooilys is dit as "kritiek bedreig" (CR) gelys.[6]
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/e/e9/Policemans_Helmet_Rock_RNNP.jpg/640px-Policemans_Helmet_Rock_RNNP.jpg)