From Wikipedia, the free encyclopedia
Proteales is die botaniese naam van ’n orde van blomplante wat uit vier families bestaan en die proteas van Suid-Afrika insluit. Die Proteales word deur die meeste taksonome erken.
Proteales | |
---|---|
Protea cynaroides. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | Proteales Juss. ex Bercht. & J.Presl[1] |
Families | |
|
In die klassifikasiestelsel van Dahlgren was Proteales in die superorde Proteiflorae (ook Proteanae genoem). Die APG-stelsel van 2003 erken ook dié orde en plaas dit in die klade Eudicots:
orde Proteales
met "+ ..." = opsioneel aparte familie (wat van die voorafgaande familie kan afsplits).
Die APG-stelsel van 2009 het dieselfde benadering gevolg, maar het drie families in Proteales verkies: Nelumbonaceae, Platanaceae en Proteaceae.[1] Die Angiosperm Phylogeny Website stel egter die toevoeging van Sabiaceae as ’n familie voor.[2]
Die APG-stelsel van 2016 voeg die familie Sabiaceae by die orde.[3]
Benewens die proteas van Suid-Afrika is bekende lede van Proteales die banksias en makadamias van Australië en die heilige lotus. Die oorsprong van die orde is antiek; daar is bewyse van diversifikasie in die Middel-Kryt-periode, meer as 100 miljoen jaar gelede. Dit is interessant dat die Proteaceae hoofsaaklik in die Suidelike Halfrond voorkom en die Platanaceae en Nelumbonaceae in die Noordelike Halfrond.
Die huidige klassifikasie is ’n aanpassing van die APG-stelsel van 1998, wat Platanaceae as ’n aparte familie aangedui het:
orde Proteales
Die Cronquist-stelsel van 1981 erken die orde Proteales en plaas dit in die subklas Rosidae in die klas Magnoliopsida:
orde Proteales
Die stelsels van Dahlgren, Thorne, Engler en Wettstein erken so ’n orde, maar plaas dit in verskillende subklasse. Hulle gee die klassifikasie aan as:
orde Proteales
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.