Royal Natal- Nasionale Park
'n provinsiale park in Suid-Afrika / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Royal Natal- Nasionale Park in die noordelike Drakensberg van KwaZulu-Natal, is 8 000 hektaar groot en grens aan Lesotho en die Vrystaat. Die reservaat is in 1916 geproklameer en is 46 km wes van Bergville geleë.
Kitsfeite Koördinate: 28°41′20″S 28°56′42″O ...
Royal Natal- Nasionale Park | |
---|---|
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | KwaZulu-Natal |
Naaste dorp | Bergville |
Koördinate: 28°41′20″S 28°56′42″O | |
Oppervlak | 8 000 ha |
Openingsjaar | 1916 |
Sluit
Alhoewel dit as 'n nasionale park bekend staan, word dit nie deur Sanparke bestuur nie, maar deur Ezemvelo KZN-Natuurlewe.
Die wolkesuikerbos is endemies aan die reservaat.