![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d5/Central_Asia_Ethnic_en.svg/langaf-640px-Central_Asia_Ethnic_en.svg.png&w=640&q=50)
Turkmene
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Turkmene (Turkmeense enkelvoud: Türkmen, Түркмен; meervoud: Türkmenler, Түркменлер, [tʏɾkmɛnˈlɛɾ]) vorm naas die Oesbeke en die Kasakke die derde grootste Turkse etniese groep in Sentraal-Asië. Hulle vorm die titulêre nasie van Turkmenistan, waar hulle sowat 85,6% van dié land se bevolking uitmaak, en praat Turkmeens, 'n Turkse taal, as moedertaal.
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/d5/Central_Asia_Ethnic_en.svg/320px-Central_Asia_Ethnic_en.svg.png)
![Thumb image](http://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/7/71/Turkmen_man_with_camel.jpg/640px-Turkmen_man_with_camel.jpg)
- Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Turkmeens.
Turkmene | |
---|---|
Totale bevolking: | ca. 9 miljoen |
Belangrike bevolkings in: | ![]()
|
Taal: | Turkmeens |
Geloofsoortuiging: | Hoofsaaklik Soennitiese Islam |
Verwante etniese groepe: | Ander Turkse volke soos Azerbeidjanners, Basjkiriërs, Gagaoesiërs, Karakalpakke, Kasakke, Kirgisiërs, Oeigoere, Oesbeke, Tartare, Tsjoewasjiërs en Turke |
Naas Turkmene leef nog klein minderhede soos Oesbeke (5,8%), Russe (5,1%) en Kasakke (0,4%) in Turkmenistan. Turkmeense minderhede leef in lande soos Iran (1,3 miljoen), Afghanistan (200 000), Oesbekistan (152 000) en Pakistan (110 000).
Die Turkmene van Sentraal-Asië moenie verwar word nie met die Turkmene van die Midde-Ooste in Irak, Sirië en Turkye wat meer verwant aan Turke is en tydens die Ottomaanse tydperk daar gevestig het.[10]