Gagaoesiërs
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Gagaoesiërs (Gagaoesies: Gagauzlar) is 'n Turkse etniese groep inheems aan die outonome gebied Gagaoesië in Moldowa.[7] Hulle praat Gagaoesies, 'n Turkse taal, as moedertaal en Russies of Moldawies/Roemeens as tweede taal.
- Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Gagaoesies.
Kitsfeite Totale bevolking:, Belangrike bevolkings in: ...
Gagaoesiërs | |
---|---|
Jong en ou Gagaoesiërs | |
Totale bevolking: | ca. 240 000 |
Belangrike bevolkings in: | Moldowa
Oekraïne 31 900[1] |
Taal: | Gagaoesies, Russies, Moldawies/Roemeens |
Geloofsoortuiging: | Hoofsaaklik Oosters-Ortodokse Kerk |
Verwante etniese groepe: | Ander Turkse volke soos Azerbeidjanners, Basjkiriërs, Karakalpakke, Kasakke, Kirgisiërs, Oeigoere, Oesbeke, Tartare, Tsjoewasjiërs, Turke en Turkmene |
Sluit
Die meeste Gagaoesiërs leef in Gagaoesië (Moldowa), gevolg deur Oekraïne, Turkye en Rusland. In Oekraïne leef Gagaoesiërs veral in die oblaste Odessa en Saporisja en in Rusland in die outonome republiek Kabardino-Balkarië.
In teenstelling met die ander Turkse volke wat hoofsaaklik Islamities is, is die meeste Gagaoesiërs aanhangers van die Oosters-Ortodokse Kerk.