From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Totiusprys vir Teologie en die studie van die grondtale van die Bybel is ’n prys deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir ’n hoogstaande publikasie of ’n reeks van hoogstaande publikasies in Afrikaans oor die Christelike teologie en/of die studie van die grondtale van die Bybel. Die prys is in 1980 op inisiatief van Sanlam ingestel as vervanging van die Stalsprys vir Teologie. By bekroning word daar veral gelet op voortgesette produktiwiteit. Die prys is aanvanklik tweejaarliks toegeken en deur Sanlam geborg maar word in die onlangse tyd driejaarliks toegeken.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.