Die Tanameer (Amharies: ጣና ሐይቅ?, Ṭana Ḥäyq, T’ana Hāyk’) is in die noorde van Ethiopië en is die oorsprong van die Blou Nyl, 'n sytak van die Nylrivier. Die meer vorm nie deel van die Groot Skeurvallei nie.

Tanameer
Thumb
Satellietbeeld van die Tanameer (noord lê na regs)
Koördinate:12°N 37.25°O / 12; 37.25
Ligging:Ethiopië
Soort:Binnemeer
Oppervlakte:2 156 km²
Lengte:84 km
Breedte:66 km
Eiland/e:Tana Qirqos, Daga Island, Dek Island, Mitraha
Nedersettings:Bahir Dar, Gorgora
Thumb
Uitsig oor die meer.

Dit is die grootste meer in Ethiopië en die hoogsliggende meer in Afrika. Die meer is op 'n hoogte van 1800 m geleë en het 'n oppervlakte van 3000 km² (84 km lank en 66 km breed). Die maksimum diepte is 15 m.

Daar is eilande in die meer, waarvan die belangrikste Tana Qirqos, Daga, Dek, en Mitraha is.

Die eilande in die meer word al vir minstens 500 jaar bewoon deur monnike van die Ethiopies-Ortodokse Kerk wat skatte van voormalige Ethiopiese keisers en kerkskatte in afgeleë kloosters bewaar. Die grootste eiland is Dek.[1][2][3]

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.