Remove ads

Die Blou-Nyl (Amharies: ዓባይ, ʿAbbay, Arabies: النيل الأزرق, an-Nīl al-Azraq) is die tweede grootste sytak van die Nylrivier in Afrika. Dit is saam met die Wit-Nyl een van twee bronriviere van die Nyl.[1] Ofskoon sy gemiddelde afloop groter as dié van die Wit-Nyl is, word die Blou-Nyl as grootste sytak beskou en nie as gelykwaardige bronrivier nie, terwyl die Wit-Nyl as die Nylrivier se hoofloop beskou word.

Thumb
Saamvloei van die Blou- en Wit-Nyl naby Khartoem
Thumb
Satellietbeeld van die Blou- en Wit-Nyl se saamvloei naby Khartoem
Kitsfeite
Blou-Nyl
Thumb
Die Blou Nyl-waterval (Tis Issat) naby die Tanameer, Ethiopië.
Die Blou Nyl-waterval (Tis Issat) naby die Tanameer, Ethiopië.
Thumb

Die stroomgebied van die Wit- en Blou-Nyl.

Oorsprong Klein-Abayrivier/Tanameer, Ethiopië
Ethiopiese Hoogland
Monding Saamvloei met die Wit-Nyl naby Khartoem, Soedan
Stroomgebied Ethiopië en Soedan
Lengte 1 450 km
Oorspronghoogte 2 744 m
Mondinghoogte 380 m
Gemiddelde afloop 2 349 m³/s
Stroomgebiedopp. 325 000 km²
Thumb
Kaart van die Blou-Nylbekken in Afrika.
Sluit

Die naam van die rivier is 'n onakkurate vertaling van die Arabiese woord Azraq, wat sowel "blou" as "donker" beteken.[2] Die donker kleur van die Blou-Nyl word deur die groot hoeveelheid fyn, korrelrige grondmateriaal veroorsaak wat uit die Ethiopiese Hoogland meegevoer word.

Die Blou-Nyl ontspring in Noord-Ethiopië suidoos van die Tanameer, vloei 800 km deur Ethiopië[3] en 650 km deur Soedan, waar die Blou-Nyl net suid van Khartoem met die Wit-Nyl saamvloei. Belangrike stede aan die rivier is Bahri, Khartoem en Omdoerman.

Remove ads

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.

Remove ads