From Wikipedia, the free encyclopedia
Suid-Ossetië (Osseties: Хуссар Ирыстон, Chussar Iryston; Georgies: სამხრეთი ოსეთი, Samchreti Osseti; Russies: Южная Осетия, Juschnaja Ossetija), amptelik die Republiek Suid-Ossetië – die Staat Alanië[5][6] (Osseties: Республикӕ Хуссар Ирыстон / Паддзахад Аллонстон, Respublikæ Xussar Iryston / Paddzaxad Allonston; Russies: Республика Южная Осетия / Государство Алания, Respublika Yuzhnaya Osetiya / Gosudarstvo Alaniya), is volgens internasionale reg 'n deel van Georgië, maar vorm de facto 'n onafhanklike[7][8] republiek,[9][10] sonder algemene internasionale erkenning.
| |||||
Volkslied: Республикӕ Хуссар Ирыстоны Паддзахадон Гимн (tr.: Respublikæ Hussar Irystony Paddzahadon Gimn) (Osseties vir: "Volkslied van die Republiek Suid-Ossetië") | |||||
Hoofstad | Zchinwali | ||||
Grootste stad | Zchinwali | ||||
Amptelike tale | Osseties en Russies[1] | ||||
Regering | Semi-presidensiële republiek Alan Gaglojef Konstantin Dzhoessoef | ||||
Onafhanklikheid Gedeeltelik erkende staat • Verklaar • Erkenning |
van Georgië 21 Desember 1991 26 Augustus 2008 (beperk) | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
3 900 km2 1 500 myl2 feitlik niks | ||||
Bevolking - 2022-skatting - 2015-sensus - Digtheid |
56 520[2] (–) 53 532[3] 13,7 / km2 35,5 / myl2 | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2017-skatting | ||||
Geldeenheid | Russiese roebel (RUB ) | ||||
Tydsone - Somertyd |
MSK (UTC+3) nie toegepas nie (UTC+3) | ||||
Internet-TLD | geen | ||||
Skakelkode | +995 34 |
Alhoewel Georgië nie beheer oor Suid-Ossetië uitoefen nie, beskou die Georgiese regering, die Verenigde Nasies en die meerderheid van die wêreld se regerings Suid-Ossetië as deel van Georgië, wie se grondwet ná dié gebied as die voormalige outonome distrik Suid-Ossetië verwys.[11]
Suid-Ossetië is in die suidelike Groter Kaukasus geleë. Die hoofstad en grootste stad is Zchinwali. Suid-Ossetië beslaan 'n oppervlakte van 3 900 km² en het 'n bevolking van 56 520 in 2022 gehad. Suid-Ossetië grens in die noorde aan die Russiese deelgebied Noord-Ossetië-Alanië.
Soms word na Suid-Ossetië, Abchasië, Transnistrië en Artsach as post-Sowjetse "bevrore konfliksones" verwys.[12][13] Almal is lidlande van die Gemeenskap vir Demokrasie en Regte van Nasies.
Ossetiërs vorm met 48 146 inwoners die meerderheid van die bevolking (89,9 persent).[23]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.