Suid-Afrika op die Olimpiese Spele
From Wikipedia, the free encyclopedia
Suid-Afrika is een van die lande wat aan die Olimpiese Spele deelneem. Suid-Afrika stuur vir die eerste keer 'n span na die Somerspele van 1904. 56 jaar later, in 1960, stuur hulle hulle eerste span na die Winterspele.[1]
In 2020 neem Suid-Afrika vir die 20ste keer aan die Somerspele deel, terwyl hulle nog net aan 7 Winterspele deelgeneem het. Hulle het nog nooit 'n medalje op 'n Winterspele gewen nie. In totaal het Suid-Afrika al 89 medaljes verower, waarvan die meeste in atletiek, boks en swem.